Woord vir Vandag - 11 Des 2024

Loading player...
“Geslag na geslag sal u dade prys en van u magtige werke vertel.” Psalm 145:4 NLV
Die invloed van ‘n goddelike grootouer
Fanny het op ses weke oud aan die hand van ‘n onbekwame dokter blind geword. Haar ouma Eunice het egter besluit dat Fanny nooit gestremd of ontneem sou voel nie. Eunice het jare daaraan toegewy om Fanny in allerhande dinge op te lei – sy het haar uit die Bybel geleer, haar gehelp om die natuur te verken en haar bygestaan om ‘n ongelooflike geheue te ontwikkel. Fanny het groot gedeeltes van die Bybel gememoriseer. Uit daardie skatkis van die Skrif het sy later van die mees geliefde gesange wat ons vandag sing, gekomponeer. ‘Blessed Assurance,’ ‘To God Be the Glory,’ ‘All the Way My Saviour Leads Me,’ en ‘He Hideth My Soul.’ Timoteus het ‘n ouma, genaamd Loïs, gehad, wie se gebede en voorbeeld gehelp het om hom te vorm om as die apostel Paulus se opvolger op te tree. Paulus skryf: ‘Ek weet dat jy die Here opreg vertrou, want jy het dieselfde geloof as jou ma, Eunice, en jou ouma Loïs’ (2 Timoteus 1:5 NLV). Moet nooit die invloed wat jy as grootouer het, onderskat nie. Soos jy jouself aan jou kleinkinders toewy, mag jy dalk besig wees om dienaars van die Here te vorm. Indien jy ‘n grootouer is, eis hierdie belofte uit die Skrif op: ‘Geslag na geslag sal u dade prys en van u magtige werke vertel.’ Miskien het jou kinders jou teleurgestel en maak nie jou kleinkinders in die Here se weë groot nie. Moenie moedeloos word nie en moenie tou opgooi nie. ‘Ek het gesoek na iemand.... wat voor My in die gaping in die muur kon staan…’ (Esegiël 22:30 NLV). Jou gebede is God se uitnodiging en ingangspunt in beide jou kinders en jou kleinkinders se lewens. Staan dus in die gaping en glo God vir jou familie se verlossing.
10 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min