Woord vir Vandag - 9 Des 2024

Loading player...
“…Hy het self kennis gedra van wat in ‘n mens aangaan.” Johannes 2:25 NLV

Weet wie om te vertrou

Ons word in die Skrif beveel om almal lief te hê, nie om almal te vertrou nie. Jesus is ons voorbeeld hierin. ‘…baie mense [het] in Hom begin glo toe hulle die wondertekens sien wat Hy gedoen het. Jesus self het egter nie op hulle staatgemaak nie omdat Hy alle mense ken… Hy het self kennis gedra van wat in ‘n mens aangaan’ (verse 23-25 NLV). Alhoewel Jesus Homself aan hulle gegee het en saam met hulle gelewe het, het Hy geweet dat hulle nie volmaak was nie. Hy het die menslike natuur verstaan en Hy het Homself nie op ‘n ongebalanseerde manier aan hulle toevertrou nie. Wanneer jy vertroue in mense plaas wat slegs in God geplaas behoort te word, stel jy jouself vir teleurstelling oop. Dis maklik om in die strik te trap om te dink dat sekere mense ons nooit sal seermaak nie, net om teleurgesteld te wees wanneer hulle nie aan daardie standaarde voldoen nie. Daar is basies twee tipes mense. Die eerste groep is die gebruikers. Solank as wat jou belange in lyn met hulle s’n is, is hulle betroubaar. Die tweede groep is die ware vriende. ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is’ (Spreuke 17:17 NLV). As gevolg van menslike swakhede, kan selfs ware vriende jou egter teleurstel. Hier is dus twee goeie reëls om volgens te lewe: 1) Vertrou, maar verifieer wanneer dit by mense kom. 2) Wanneer dit by God kom, ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys’ (Spreuke 3:5-6 NLV).
8 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min