Woord vir Vandag - 8 Des 2024

Loading player...
“Dit is die god van hierdie bedeling wat die gedagtes van die ongelowiges verblind…” 2 Korintiërs 4:4 NLV

Ontbloot Satan se planne (3)

Jy kan 20/20 visie in die natuurlike wêreld hê en steeds blind in die geestelike wêreld wees en vir Satan se planne val. As jy egter na God in gebed draai, sal Hy jou oë oopmaak en jou ‘n strategie vir oorwinning gee. Let op wat gebeur het toe Elisa en sy dienaar in die stad Dotan wakker geword en deur vyandige leërs omsingel was: ‘Toe die dienaar van die man van God die volgende môre vroeg opstaan en buitetoe gaan, sien hy oral net troepe, perde en strydwaens. Benoud roep hy vir Elisa: ‘Ag Meneer, wat moet ons nou maak?’ ‘Moenie bang wees nie!’ sê Elisa vir hom. ‘Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!’ Toe bid Elisa: ‘Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!’ Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was. Toe die Aramese leër nader kom, bid Elisa: ‘Here, slaan hulle tog met blindheid!’ Die Here het gedoen soos Elisa gevra het’ (2 Konings 6:15-18 NLV). Vrees jy nederlaag? Is jy verward en weet nie wat om te doen nie? Voel jy dat die skanse teen jou opgestapel is en jy nie sal slaag nie? Die Bybel sê: ‘…die Gees wat in julle woon, [is] magtiger as die gees wat in die wêreld woon’ (1 Johannes 4:4 NLV). Raak alleen stil voor God en bid: ‘Here, maak my oë oop.’ Bly daar totdat Hy dit doen. Wanneer dit gebeur, sal jy ontdek dat die magte van die hemel aan jou kant is en dat jy die hemelse hulpbronne tot jou beskikking het. Hoe sal jy toegang daartoe verkry? Deur geloof!
7 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min