Woord vir Vandag - 7 Des 2024

Loading player...
“Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek.” Efesiërs 6:11 NLV

Ontbloot Satan se planne (2)

Die Bybel sê: ‘…Vind krag in julle verhouding met die Here… Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes’ (verse 10-12 NLV). Let op die woorde: ‘teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen.’ Toe Daniël gebid het, het hy hierdie magtige geeste teëgekom: ‘…Daniël, jy moenie bang wees nie. Van die eerste oomblik af dat jy begin bid het om hierdie dinge te probeer verstaan en in nederigheid voor God gestaan het, is jou gebede al verhoor. Ek is juis hier in antwoord op jou gebed. Die beskermengel van die Persiese Ryk het my 21 dae lank gekeer om na jou toe te kom. Toe het Migael, een van die belangrikste leiers van die engele, my kom help…’ (Daniël 10:12-13 DB). Wanneer jy toegewyd daaraan is om ‘n pad met God te stap en sy wil te doen, sal Satan jou op elke hoek en draai probeer keer. As hy jou nie daarvan kan weerhou om tyd in gebed te bestee nie, sal hy probeer om jou gebede te blokkeer. Vir een-en-twintig dae lank het Daniël gewonder: ‘Here, U het vantevore my gebede beantwoord; hoekom antwoord U hulle nie nou nie?’ Daniël se antwoord was egter op pad. Joune is ook. Jy moet vasstaan op die Woord van God, in die almagtige en allesoorheersende naam van Jesus bid, weier om ongeduldig te word, weier om op te hou en weet dat God ons gebede hoor en beantwoord.
6 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min