Woord vir Vandag - 6 Des 2024

Loading player...
“Die bedoeling is dat ons nie deur die Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!” 2 Korintiërs 2:11 NLV

Ontbloot Satan se planne (1)

Die Bybel noem Satan ‘n bedrieër. Wanneer iemand teen jou planne smee en jy onbewus daarvan is, kan jy nie voorsorgmaatreëls tref nie en gevolglik kry jy daardeur seer. Een van Satan se doeltreffendste planne is om sy invloed op ons lewens te onderspeel. Hy doen dit sodat hy ons kan uitoorlê. Die Bybel sê egter: ‘…Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!’ Een dag het ‘n gesprek tussen God en Satan oor die beskerming en seën oor Job se lewe plaasgevind. Satan het vir God gesê: ‘U het hom nog altyd net beskerm. En U het hom voorspoedig gemaak in alles wat hy aanpak… Maar vat nou alles wat hy het. Hy sal U verseker in u gesig vloek!’ (Job 1:10-11 NLV). God het dit toe gedoen en Satan het Job se finansies, sy kinders en sy gesondheid aangeval. Alhoewel Job se gedagtes met onbeantwoorde vrae gevul was, het sy vertroue in die goedheid van God sterk gestaan en het hy met twee keer soveel as tevore opgeëindig. ‘n Mens kan nie alles wat verkeerd gaan op Satan blameer nie, maar jy maak ‘n ernstige fout om nie bedag te wees wanneer hy in jou lewe aan die werk is nie, omdat hy jou dan kan oorwin. Hoekom? Omdat jy nie weet hoe om terug te veg en die wapens wat God jou gegee het, te gebruik nie. Jy het God se Woord: ‘…as swaard, die Gees, dit is God se woord’ (Efesiërs 6:17 NLV). As jy nie Satan as die bron van jou probleem identifiseer nie, is dit soos om geblinddoek te veg, met jou swaard wat in alle rigtings swaai in plaas daarvan om Satan te teiken en hom te verslaan.
5 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min