Woord vir Vandag - 4 Des 2024

Loading player...
“…Hier is Elisa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elia gegiet het.” 2 Konings 3:11 AFR53

Nederigheid is die pad na eer

Elisa het begin om Elia te dien en het hom daarna in sekere opsigte oortref. In die Bybelse tyd het dienaars die hande en voete van hulle meesters gewas. Elisa het dit gedoen. Hy het met die nederige taak om water op Elia se hande te gooi begin en het uiteindelik Elia se mantel ontvang en dit gebruik om die waters van die Jordaanrivier bonatuurlik te verdeel. Toe Elia hemel toe gegaan het, het Elisa 'n dubbele deel van sy gees ontvang en uiteindelik twee keer soveel wonderwerke as Elia gedoen. Daar is ‘n belangrike les hieruit te leer. As jy die bediening van die Here aan die toppunt van die leer wil betree, sal jy misluk. Hoekom? Omdat die enigste bevordering wat saak maak van die Here af kom (sien Psalm 75:6-7). Omdat hy geweet het dat sy tyd op aarde beperk was, het Paulus 'n opvolgplan vir sy bediening ingestel. As jy wys is, sal jy dieselfde doen. Paulus het die volgende aan Timoteus, sy aangewese opvolger, geskryf: ‘Die Here se diensknegte moenie twis nie, maar moet goedgesind teenoor almal wees…’ (2 Timoteus 2:24 NLV). Wanneer jy met ander probeer meeding of omstandighede tot jou voordeel probeer uitbuit om bo uit te kom, moet jy nie verbaas wees as God jou pad versper nie. Toe Petrus in die bediening begin het, was hy soos 'n resiesperd wat nie ingebreek was nie: hoogs gespanne, impulsief en ambisieus. Later het hy egter geskryf: ‘…Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want: ‘God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan hulle gee Hy sy onverdiende goedheid.’ Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak’ (1 Petrus 5:5-6 NLV).
3 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min