Woord vir Vandag - 3 Des 2024

Loading player...
“Abraham het alles wat hy besit het aan sy seun Isak nagelaat.” Genesis 25:5 NLV

Lei jou kinders na Christus toe

Abraham het vir Isak twee dinge gegee: sy materiële bates en ‘n goddelike voorbeeld. Wat kon hy nie vir hom gegee het nie? ‘n Persoonlike ervaring met God. Jou kinders moet God vir hulself ervaar. Isak se ontmoeting met God het gebeur toe hy ‘n krisis in sy lewe ervaar het. ‘…die Here… [het] aan hom verskyn en gesê: ‘Ek is die God van jou pa Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou en sal jou seën…’ Toe bou Isak daar ‘n altaar en aanbid die Here…’ (Genesis 26:24-25 NLV). Charlie Shedd vertel die verhaal van ‘n seuntjie wat by die skool ‘n opstel oor die volgende onderwerp moes skryf: ‘Hoe is ek gebore?’ Toe hy sy ma vra, het sy geantwoord: ‘Die ooievaar het jou gebring.’ Toe hy sy ma vra hoe sy gebore is, het sy geantwoord: ‘Die ooievaar het my ook gebring.’ Met die hoop dat sy ouma hom dalk sou kon help, het hy haar gevra hoe sy gebore is. Sy het geantwoord: ‘Dis maar deel van ons familiegeskiedenis; die ooievaar het my ook gebring!’ Dus het die seuntjie sy opstel met die volgende woorde begin: ‘Vir die afgelope drie generasies was daar nie ‘n normale geboorte in my familie nie!’ Op ‘n ernstiger noot: Jou kinders moet wedergebore word sodat hulle deel van God se verloste familie kan wees. Jy moet poog om hulle na Christus te lei terwyl hulle nog jonk is en hulle denke gevorm kan word. As jou kinders egter ouer is, is dit nie te laat nie. ‘‘…Hou op huil en droog af jou trane. Ek sal jou beloon vir jou moeite,’ sê die Here. ‘Jou kinders sal terugkom uit die land van die vyand. Daar is hoop vir die toekoms,’ sê die Here. ‘Jou kinders sal terugkom na hulle land toe’’ (Jeremia 31:16-17 NLV).
2 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min