Woord vir Vandag - 2 Des 2024

Loading player...
“…Toe bou Abram daar ‘n altaar vir die Here...” Genesis 12:7 NLV

Bou ‘n altaar

Die eerste ding wat Noag na die vloed gedoen het, was om ‘n altaar vir die Here te bou. Dink daaroor. Noag het ‘n altaar gehad voor hy ‘n huis gehad het. Die meeste van ons het huise, maar die outydse familiealtaar het feitlik verdwyn. Oral waar Abraham gegaan het, het hy ‘n altaar gebou. Hoekom? 1) ‘n Altaar is ‘n plek van gebed. Die Bybel sê: ‘Dis die plek waar Abram destyds die altaar gebou het. Hier het hy weer die Here aanbid’ (Genesis 13:4 NLV). 2) ‘n Altaar is ‘n plek van opoffering. ‘Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, bou hy ‘n altaar en sit die hout daarop neer. Hy maak Isak vas en sit hom bo-op die hout op die altaar’ (Genesis 22:9 NLV). Wou God gehad het dat Abraham vir Isak moes doodmaak? Nee, God wou net weet: ‘Is daar enigiets wat Ek van jou kan vra wat jy nie bereid sal wees om te gee nie, of enigiets op aarde wat jy meer liefhet as vir My?’ God sal jou nie vra vir dit wat jy nie het nie, maar Hy sal jou dikwels vra vir iets wat jy graag wil behou. Opoffering oorwin die gees van hebsug, die vrees vir gebrek en jou fokus op ‘n selfgesentreerde lewe. 3) ‘n Altaar is ‘n plek van aanbidding. ‘Maak ook ‘n klein altaar van akasiahout om wierook daarop te brand’ (Eksodus 30:1 NLV). Die wierook wat smelt en die rook wat opstyg verteenwoording aanbidding aan God. Aanbidding is ‘n daad van intimiteit; dis om jou hart, jou liefde, jou lof en dank aan God te gee. Die Bybel beskryf dit as ‘…’n lieflike reukoffer…’ (Efesiërs 5:2 NLV). Bou dus vandag ‘n altaar.
1 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min