Woord vir Vandag - 1 Des 2024

Loading player...
“…Terwyl hulle soontoe op pad was, het hulle gesond geword.” Lukas 17:14 NLV

Redding beteken nie altyd onmiddellike verlossing nie

Lukas skryf: ‘Toe Hy ‘n sekere dorpie binnegegaan het, het tien melaatse mans Hom teëgekom… Hulle het hard na Hom geroep: ‘Jesus, Here, kry ons tog jammer!’ Toe Hy hulle sien, sê Hy aan hulle: ‘Gaan wys julleself aan die priesters.’ Terwyl hulle soontoe op pad was, het hulle gesond geword’ (verse 12-14 NLV). Wanneer iemand in daardie dae van melaatsheid genees is, moes ‘n priester hulle eers rein verklaar voordat hulle weer by die samelewing kon aansluit. Die Bybel sê nie vir ons hoe ver weg die priesters was, hoe lank hulle reis was en of hulle genesing aan die begin, middel of einde van hulle reis plaasgevind het nie. Daar is ‘n belangrike les vir diegene wat met verslawing sukkel, hieruit te leer. Dis wonderlik wanneer God ons onmiddellik verlos. Baie mense het egter dieselfde ervaring as hierdie tien melaatse mans. Soms moet jy jou verlossing tree vir tree inloop deur God te vertrou tot dit volkome is. Dis dan wanneer ons as volgelinge van Christus medelye moet hê, geduld aan die dag moet lê en by hulle moet staan totdat hulle gesond gemaak is. Mense wat byvoorbeeld aan pornografie verslaaf is, sukkel met ‘n verslawing wat beide moreel en geestelik is. Dieselfde emosionele bindingshormone wat na seks vrygestel word, word vrygestel wanneer jy pornografie kyk. Dit maak dit 'n kragtige verslawing. Een man wat sy verslawing oorkom het, vertel: ‘Dit was 'n kwessie van om my gedagtes met die Woord te vernuwe, sowel as om werklike dissipline en verantwoording teenoor iemand wat my probleem verstaan, te hê. Ek moes mense kry wat ek kon vertrou; mense wat my nie sou verneder of oor my skinder nie, mense wat standvastige en liefdevolle vriendskap sou bied.’ God gee nie op op mense wat seer het nie en ons moet ook nie.
30 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min