Woord vir Vandag - 30 Nov 2024

Loading player...
“’n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is…” Galasiërs 5:17 NLV

Maak ‘n gesaghebbende besluit of uitspraak

As jy ernstig daaroor is om God se wil te vervul, moet jy vasberadenheid hê. Een definisie van vasberadenheid is om 'n dispuut deur ‘n gesaghebbende besluit of uitspraak te besleg. Kom ons pas dit op een van ons grootste probleme toe – die daaglikse stryd tussen ons vlees en ons gees. ‘’n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is…’ (vers 17 NLV). Onthou, die definisie van vasberadenheid vervat die idee om 'n dispuut te besleg. Dit is belangrik, want as jy jou gaan verbind om te doen wat God wil hê jy moet doen, sal jy die nimmereindigende geskil tussen jou vlees en jou gees moet besleg. Hoe doen mens dit? Deur ‘n gesaghebbende besluit of uitspraak te maak. Jou vlees sal altyd saam met die stroom gaan of die status quo wil behou, tensy jou wedergebore gees nee sê. Josua is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Uit vrees dat God se volk in die leefstyl van die omliggende nasies vasgevang sou raak, het hy vir hulle gesê: ‘As julle nie die Here wil aanbid nie, moet julle vandag vir julleself besluit wie julle dan wil aanbid. Is dit die gode wat julle voorouers anderkant die Eufraat gedien het, of is dit die gode van die Amoriete in wie se land julle nou woon? Ek en my huisgesin sal die Here aanbid’ (Josua 24:15 NLV). Omdat Josua ‘n gesaghebbende besluit en ‘n uitspraak gemaak het, sê die Bybel: ‘Die volk sê toe vir Josua: ‘Ons sal net die Here ons God aanbid. Ons sal net na Hom luister’’ (vers 24 NLV). Vraag: In watter area van jou lewe moet jy vandag ‘n gesaghebbende besluit of uitspraak maak?
29 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min