Woord vir Vandag - 29 Nov 2024

Loading player...
“’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge…” Spreuke 16:23 NLV

Dink reg en jy sal reg lewe

Die Bybel sê: ‘’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge. Hy kan ander mense onderrig. Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe’ (verse 23-24 NLV). Jou gedagtes en jou woorde is intiem met mekaar verbind. Daarom is dit belangrik om aangename gedagtes te dink, sodat jy aangename woorde kan spreek. Jou gedagtes is stil woorde wat nie net jy en die Here hoor nie, maar wanneer dit geverbaliseer word, dit jou emosionele, geestelike en fisiese welstand beïnvloed. Salomo sê: ‘…Mooi woorde… is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe.’ Jou gedagtes is stil woorde wat jou innerlike wese, jou gesondheid, jou vreugde en jou houding affekteer. Die dinge waaraan ons dikwels dink, kom by ons monde uit en laat ons soms dwaas lyk. As ons egter op God se manier leef, kan ons woorde en gedagtes ons lewens en die lewens van ander mense aangenamer maak. Moenie die fout maak om te dink dat jy jou gedagtelewe in enige wêreldse rigting wat dit wil, kan laat loop en dit dan kan teenwerk deur godvrugtige woorde te spreek nie. Óf albei is aangenaam, óf albei is negatief en sondig. Daar is geen middeweg nie. Paulus skryf: ‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). Die Skrif is jou toegang tot ‘n nuwe leefwêreld. Soos jy tyd bestee om Jesus toe te laat om jou denke aan te pas, sal jy nie daaraan hoef te dink om aangename woorde, wyse woorde of genesende woorde te spreek nie. Dit sal van nature begin gebeur.
28 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min