Woord vir Vandag - 28 Nov 2024

Loading player...
“…Laat U seën op my rus en vergroot my grond!..” 1 Kronieke 4:10 NLV

Raak ernstig oor persoonlike groei

Die verhaal van Jabes beslaan slegs twee verse in die Skrif, maar bevat ‘n lewensveranderende waarheid: ‘Jabes was meer geëerd as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was. Hy was die een wat tot die God van Israel gebid en gesê het: ‘Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!’ En God het sy versoek gehoor en dit gedoen’ (verse 9-10 NLV). Hierdie gebed kan in die volgende woorde opgesom word: ‘Ek wil groei; ek wil weet; ek wil vorentoe beweeg!’ Die grootste gevaar waarin jy jouself kan bevind, is die idee dat jy persoonlike groei later ‘n prioriteit sal maak. Moenie in daardie groef val nie. Iemand het gesê: ‘Die enigste verskil tussen ‘n groef en ‘n graf is die diepte daarvan!’ As jy jou Godgegewe potensiaal wil bereik, moet jy meer doen as om net die lewe te ervaar en te hoop dat jy dit wat jy nodig het, langs die pad sal leer. Jy moet geleenthede vir groei aangryp asof jou toekoms daarvan afhang – want dit doen. Groei gebeur nie net nie; jy moet dit najaag. Jy sê: ‘Maar ek is bang ek misluk.’ Almal van ons het vrese. Die goeie nuus is egter dat almal van ons geloof het. ‘…Onthou dat julle geloof ’n geskenk uit God se hand is…’ (Romeine 12:3 DB). Die vraag wat jy jouself moet afvra is: ‘Watter een gaan ek toelaat om sterkter te wees, my vrese of my geloof?’ God het groot dinge vir jou in gedagte, staan dus in geloof op en begin om dit op te eis.
27 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min