Black Friday-verkope sal gedemp wees

--:--
Plaaslike reaksie word ontvang op berigte uit die buurland dat FNB voorspel dat meer as 19,5-miljoen transaksies ter waarde van 3 miljard Suid-Afrikaanse rand gedurende die 2024 Swart Vrydag-naweek. Kleinhandelaars is optimisties oor sterk verbruikersbesteding. Plaaslik sal dit altyd gedemp wees, volgens Unam-ekonoom dr. Omu Kakajaha-Matundu, eenvoudig omdat die ekonomie baie klein is.
26 Nov 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Smeerveldtog teen IPC se Itula word ondersoek

Namibia Fact Check is bewus van verskeie smeer-aanvalle teen die leier van die Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula. Dit sluit in 'n video waarin sogenaamde IPC-lede PDM-plakkate verwyder het asook verskeie vals briewe wat Itula met die Britse regering verbind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frederico Links,…
26 Nov 8AM 1 min

Misdaad neem effe af, maar steeds te hoog: DA

Die DA erken die vordering wat gemaak is met die vermindering van misdaad, ná 'n daling van 5,1-persent in ernstige misdade, insluitend 'n daling van 5,8-persent in moorde en 'n 2,5-persent vermindering in seksuele misdrywe. Die party waarsku egter misdaad is steeds te hoog, veral geweldsmisdaad teen vroue en kinders,…
26 Nov 7AM 1 min

Moenie laatkom by stembus nie!

Met net 'n paar uur oor voor die verkiesings môre, verskerp die Verkiesingskommissie van Namibië pogings om te verseker dat burgers gereed is om hul stemme uit te bring. Patrick Britz, die stembeampte vir Rehoboth platteland, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die belangrikheid van stiptelikheid beklemtoon wanneer hulle…
26 Nov 7AM 1 min

LAC se uitreik na San in Omaheke 'n groot sukses

Die Regshulpsentrum, in samewerking met die Europese Unie, het 'n suksevolle vyf-dag veldgebaseerde opleidingsprogram vir regshulp in Gobabis en Vergenoeg in die Omaheke-streek aangebied as deel van die San-bemagtigingsprojek. Die program het ten doel gehad om toegang tot geregtigheid te versterk en regskapasiteit in gemarginaliseerde San-gemeenskappe regoor Namibië te bou…
26 Nov 5AM 1 min

Mashatile sê in '23 was 100 000 babas van moeders 10 - 19 jaar oud

Adjunkpresident Paul Mashatile veroordeel die toenemende aantal kinderswangerskappe en beskryf dit as 'n krisis wat dieper sosio-ekonomiese en kulturele kwessies weerspieël. Hy het tydens die amptelike bekendstelling van 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, by die Burgersentrum op Rustenburg onthul meer as 100 000 van…
26 Nov 5AM 1 min