Moenie laatkom by stembus nie!

--:--
Met net 'n paar uur oor voor die verkiesings môre, verskerp die Verkiesingskommissie van Namibië pogings om te verseker dat burgers gereed is om hul stemme uit te bring. Patrick Britz, die stembeampte vir Rehoboth platteland, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die belangrikheid van stiptelikheid beklemtoon wanneer hulle na stemlokale gaan. Hy het kiesers verseker dat veiligheidsbeamptes teenwoordig sal wees om orde te handhaaf en te verseker dat die stemproses glad verloop. Britz het meer.
26 Nov 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Diegene wat ontsnaptes help, ook skuldig: NamPol

Verlede week het tien verhoorafwagtende Namibiese en Angolese mans uit die Onandjaba-polisie in die Omusati-streek se aanhoudingselle ontsnap. Niemand is nog her-arresteer nie en die polisie se soektog na die ontsnaptes duur voort. Die mans het vermoedlik ontsnap na hulle 'n gat in die dak van die fasiliteit se eetsaal…
26 Nov 10AM 1 min

Lamola sê onafhanklike Palestina nodig vir vrede

Suid-Afrika se internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, het die land se verbintenis tot geregtigheid, vrede en selfregering vir Palestyne bevestig. Hy het deelgeneem aan die Verenigde Nasies se 47ste Internasionale Dag van Solidariteit met die Palestynse mense. Lamola sê ʼn tweestaat-oplossing is die enigste manier waarop Israel in vrede met die…
26 Nov 10AM 1 min

Kom werk saam aan Jacques Burger se rugby-visie

Die Namibië Rugby Unie het 'n perskonferensie aangebied met Jacques Burger, die nuut-aangestelde direkteur van rugby. Burger sê een van sy doelwitte is om speler-verhoudinge te verbeter. Een van die vrae was hoe hy nuwe borgskappe sal fasiliteer. Burger vra dat almal inkoop en saamwerk om sukses te behaal.
26 Nov 9AM 1 min

Gaan stem, jongmense, dis vir jul toekoms!

Terwyl die ure na die verkiesings afgetel word, word jong kiesers aangemoedig om oor hul waardes te besin en ingeligte besluite te neem. Hulle moet verskillende inligtingsbronne raadpleeg, verby partylyne kyk en individuele kandidate versigtig oorweeg voordat hulle gaan stem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Nangula Mbako, 'n…
26 Nov 9AM 1 min

Nuwe regering moet plaaslike boubedryf voorop stel

Die Konstruksie Industrie-federasie het op die vooraand van die verkiesings die inkomende regering versoek om plaaslike kontrakteurs te ondersteun, wat noodsaaklik is vir werkskepping en ekonomiese groei. Die federasie beklemtoon dat die sektor se BBP-bydrae van 3,1 persent in 2016 tot 1,4 persent in 2023 gedaal het, en indiensneming wat…
26 Nov 9AM 1 min