Mashatile sê in '23 was 100 000 babas van moeders 10 - 19 jaar oud

--:--
Adjunkpresident Paul Mashatile veroordeel die toenemende aantal kinderswangerskappe en beskryf dit as 'n krisis wat dieper sosio-ekonomiese en kulturele kwessies weerspieël. Hy het tydens die amptelike bekendstelling van 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, by die Burgersentrum op Rustenburg onthul meer as 100 000 van alle geboortes die afgelope jaar was vir meisies van tien tot 19 jaar oud. Mashatile het gevra vir sterker optrede teen oortreders en meer beskerming vir kwesbare kinders:
26 Nov 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Smeerveldtog teen IPC se Itula word ondersoek

Namibia Fact Check is bewus van verskeie smeer-aanvalle teen die leier van die Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula. Dit sluit in 'n video waarin sogenaamde IPC-lede PDM-plakkate verwyder het asook verskeie vals briewe wat Itula met die Britse regering verbind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frederico Links,…
26 Nov 8AM 1 min

Misdaad neem effe af, maar steeds te hoog: DA

Die DA erken die vordering wat gemaak is met die vermindering van misdaad, ná 'n daling van 5,1-persent in ernstige misdade, insluitend 'n daling van 5,8-persent in moorde en 'n 2,5-persent vermindering in seksuele misdrywe. Die party waarsku egter misdaad is steeds te hoog, veral geweldsmisdaad teen vroue en kinders,…
26 Nov 7AM 1 min

Moenie laatkom by stembus nie!

Met net 'n paar uur oor voor die verkiesings môre, verskerp die Verkiesingskommissie van Namibië pogings om te verseker dat burgers gereed is om hul stemme uit te bring. Patrick Britz, die stembeampte vir Rehoboth platteland, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die belangrikheid van stiptelikheid beklemtoon wanneer hulle…
26 Nov 7AM 1 min

LAC se uitreik na San in Omaheke 'n groot sukses

Die Regshulpsentrum, in samewerking met die Europese Unie, het 'n suksevolle vyf-dag veldgebaseerde opleidingsprogram vir regshulp in Gobabis en Vergenoeg in die Omaheke-streek aangebied as deel van die San-bemagtigingsprojek. Die program het ten doel gehad om toegang tot geregtigheid te versterk en regskapasiteit in gemarginaliseerde San-gemeenskappe regoor Namibië te bou…
26 Nov 5AM 1 min

LGBT-kiesers moet stem vir verandering - aktivis

Môre is die verkiesings, en jong LGBT-kiesers spreek kommer uit dat politieke partye uit voeling is met moderne realiteite. Hulle voel dat baie partye nie ontwikkel het nie en aanhou om bevooroordeelde sienings te huldig wat die gemeenskap marginaliseer. Hulle vra vir meer inklusiewe beleide en groter verteenwoordiging, en glo…
26 Nov 5AM 1 min