GBV: 16 dae begin môre
--:--
Geslagsgeweld bly ‘n reuse-probleem in Namibië met 22 gevalle wat daagliks in die land in 2023 aangemeld is – en dit is die aangemelde sake, normaalweg ‘n derde van die totaal. Die bekende 16 dae van aktivisme begin môre en Sister Namibia is toegewyd aan bewusmaking en te help om koerse van geslagsgebaseerde geweld te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Sister Namibia se nasionale koördineerder, Brigit Loots, gesels wat sê mense moet meer ag slaan op die probleem.