Namibië verwelkom Strafhof-lasbriewe
--:--
Namibië verwelkom die Internasionale Strafhof se besluit om lasbriewe vir die Israeliese premier Benjamin Netanyahu en die voormalige minister van verdediging, Yoav Gallant, uit te reik. Die internasionale betrekkinge-ministerie sê in 'n persverklaring hoewel dit laat is, bevestig die stap dat Palestyne, soos alle mense, geregtigheid verdien. Namibië beklemtoon die belangrikheid daarvan dat internasionale instellings onpartydig optree om menseregte en aanspreeklikheid te handhaaf, om vrede en stabiliteit wêreldwyd te bevorder. Die inhegtenisnemingslasbriewe teiken individue, nie Israel as 'n land nie, wat beklemtoon dat diegene wat verantwoordelik is vir misdade, verantwoording doen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Penda Naanda, die ministerie se uitvoerende direkteur.