Woord vir Vandag - 27 Nov 2024

Loading player...
“…een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.” Filippense 3:13 NLV

Steek die lyn oor (2)

Sam Parker skryf: ‘Wanneer jy besluit om die lyn wat mislukking van sukses skei oor te steek, sal jy ontdek dat nie almal jou keuse toejuig nie. Alles sal ook nie noodwendig seepglad verloop nie. Daar is mense wat besluit het om nie die risiko te neem om die lyn oor te steek nie en hulle sal verkies dat jy dit ook nie doen nie. Ongelukkig is daardie mense soms jou vriende. Miskien sal hulle ‘n bietjie twyfel of ‘n bietjie aanmoediging weerhou (of jou selfs aanmoedig om die verkeerde ding te doen). Miskien sal hulle 'n bietjie minder subtiel daaroor wees en jou direk daarvan probeer weerhou om die lyn oor te steek. Jy sal dalk kort-kort ook in jou eie pad staan - daardie innerlike stem wat vir jou probeer sê dat jy nie so spesiaal is nie en dat ander mense, nie jy nie, uitsonderlike dinge laat gebeur. Dan sal daar die werk wees - harde werk. Goeie dinge is selde maklik of goedkoop. Werklike inspanning en aandag is die grondbeginsels van sukses. Daar is geen kitsoplossings nie. Daar is geen silwer koeëls nie. Jy moet jou resultate verdien en jouself aanhou druk. Jy moet ook fokus. Dit beteken dat jy afleidings uitskakel en jou blootstelling aan negatiewe mense, gedagtes en dinge verminder. Tyd beweeg vinnig en jy kan dit nie terugkry nie. Sorg dus dat jy dit goed gebruik. Leer ook om weer op te staan. In elke fout is verhoogde kennis en begrip ingebou.’ Paulus stel dit so: ‘een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys…’ (verse 13-14 NLV).
26 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min