Woord vir Vandag - 26 Nov 2024

Loading player...
“Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het.” Filippense 3:14 NLV

Steek die lyn oor (1)

In sy boek, Cross The Line, skryf Sam Parker die volgende: ‘Met alles is daar 'n lyn. Aan die een kant van die lyn is 'n groter kans om goeie dinge te laat gebeur (beter resultate, beter verhoudings, meer geleenthede). Dit is waar jy al daardie mense vind wat jy bewonder. Aan die ander kant van die lyn is daar minder kanse. Jy het ‘n keuse met elke lyn. Jy wil die lyn oorsteek of jy wil nie. Jy wil daardie beter kans hê om goeie dinge te laat gebeur of met minder kanse tevrede wees. Dis jou keuse. Daar sal ook tye wees wanneer dit oënskynlik sal lyk asof jy nie die lyn kan oorsteek nie - maak nie saak wat jy doen nie. Daardie oënskynlike struikelblokke sal jou egter soms later op 'n manier wat jy nie kon voorsien het nie, oor die lyn help. Dit sal as lesse dien, wat meer diepte aan jou ervaring gee - wat jou sterker maak en sal sorg dat jy beter voorbereid vir die groter en belangriker uitdagings wat jy in die toekoms in die gesig sal staar, is. Jy sal dit egter nie op daardie tydstip weet nie. Op daardie tydstip sal jy net daardie lyn sien. Dit sal dalk vir jou soos ‘n muur lyk, maar dis is net ‘n lyn wat jy moet oorsteek. Die lyn is joune om oor te steek, maar jy sal die besluit moet neem om dit te doen.’ Paulus het gekies om daardie lyn oor te steek: ‘Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het.’ Dit verg totale toewyding. Dis egter die moeite werd!
25 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min