Woord vir Vandag - 25 Nov 2024

Loading player...
“Ek is die Goeie Herder. ‘n Goeie herder offer sy lewe op vir die skape.” Johannes 10:11 NLV

Die waarde van een verlore skaap

Jesus het die gelykenis van ‘n skaapwagter wat ‘n honderd skape besit het, vertel. Toe een van hulle wegraak, het hy die ander nege-en-negentig skape in die kraal gelos en gesoek totdat hy die een verlore skaap gekry het. Toe het hy die skaap op sy skouers getel en was bly toe hy hom huis toe bring. Goeie skaapwagters gee nie net vir sommige of die meeste van die kudde om nie, maar vir die hele kudde. Dit word duidelik wanneer een skaap wegraak. Daar is ‘n verhaal van ‘n klein dogtertjie wat in die woud afgedwaal en weggeraak het. Toe dit donker word, het vrees haar hart vasgeklem. Sy het geskree en gehuil totdat sy, uitgeput, gaan lê en aan die slaap geraak het. Haar pa, sy stem hees soos hy aanhoudend haar naam geroep het, het al vir ure na haar gesoek voor hy haar gevind het. Hy het uitgeroep en hom na haar toe gehaas. Die dogtertjie het wakker geword, in sy arms gespring, hom omhels en gesê: ‘Pappa, ek is so bly ek het jou gevind!’ Dis ons verhaal. Ons vind egter nie vir Jesus nie, Hy vind ons. Hy vind ons, omdat Hy konstant op die uitkyk vir ons is. Jesus het sy gelykenis met die volgende woorde afgesluit: ‘Net so sal die hemel blyer wees oor een sondaar wat tot inkeer kom as oor 99 ander wat regverdig is en nie afgedwaal het nie!’ (Lukas 15:7 NLV). Elke keer wat ‘n verlore mens gevind word, juig die hemel. ‘Bedoel jy dat ek so baie vir die Here beteken?’ Ja. Net soos die skaapwagter nege-en-negentig skape agtergelaat het om die een te gaan soek wat weg was, is Jesus vir jou lief en het Hy gesterf om jou te red. Kom dus vandag na Hom toe.
24 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min