Woord vir Vandag - 24 Nov 2024

Loading player...
“Nou, watter van hierdie drie sou jy sê, was ‘n naaste vir die man wat deur rowers aangeval is?..” Lukas 10:36 NLV

Watter tipe buurman is jy?

Jesus vertel die verhaal van die Joodse reisiger wat op die pad na Jerigo deur rowers oorval, aangerand en vir dood agtergelaat is. Twee Jode, beide in die bediening, het verby hom geloop sonder om hom te help. Toe het ‘n Samaritaan hom gered. Die Jode het geen groep mense meer as die Samaritane gehaat nie. Hulle is openlik in die sinagoge vervloek en is van tempelaanbidding verbied. Wat hierdie Samaritaan dus gedoen het was niks minder as wonderbaarlik nie. Hy het al sy persoonlike hulpbronne gebruik – sy persoonlike klere, olie, wyn, sy tyd, pakdier, geld en energie – om hierdie Joodse man na die beste van sy vermoë by te staan. Toe het hy sy lewe gewaag om die gewonde man na ‘n herberg in ‘n Joodse area te neem. Bo dit alles het hy die herbergier vir die man se kos en kamer vir verskeie dae betaal en beloof om terug te keer en vir enigiets meer wat die man skuld, te betaal. Dit was van kardinale belang omdat enigiemand wat nie hul rekening kon betaal nie, deur die herbergiers as ‘n slaaf verkoop kon word sodat hulle volle betaling vir die skuld kon ontvang. Jesus sluit die verhaal met hierdie woorde af: ‘Nou, watter van hierdie drie sou jy sê, was ‘n naaste vir die man wat deur rowers aangeval is?..’ Geen wet sal jou ooit ‘n goeie buurman laat wees nie, maar die liefde van Christus sal. A neighbour is not identified by color or creed; a neighbour is identified by the nearest need. Hier is dus ‘n gebed vir jou om te bid: ‘Here, gee my die moed om ’n naaste in nood te herken en te help.’ Dis ‘n gebed wat Hy sal beantwoord!
23 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min