Woord vir Vandag - 22 Nov 2024

Loading player...
“U het my gesien voor ek gebore is… elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was.” Psalm 139:16 NLV

God het alles wat jy nodig het bedink

Lank voor God die aarde se fondasies gelê het, het Hy jou in gedagte gehad. Hy het aan alles wat jy moontlik kon nodig hê, gedink. Verstommend, is dit nie? ‘n Gerespekteerde skrywer merk op: ‘God het vir elke gebeurlikheid wat jy ooit mag teëkom, voor die begin van tyd reeds beplan. Dit is onmoontlik vir ons verstand om die soewereiniteit van God te begryp, maar laat ek dit in skaakterme verduidelik. In 1997 het 'n span IBM-ingenieurs Deep Blue, die rekenaar wat die skaakgrootmeester Garry Kasparov uitoorlê het, ontwerp en ontwikkel. Deep Blue was toegerus met twee-en-dertig verwerkingsenjins wat 200 miljoen skaakskuiwe per sekonde kon bereken. Ek sukkel met die vyftig-vyftig goed. Waar of vals. Links of reg. Sjokolade of vanielje. Ek kan my nie eers indink om 200 miljoen gebeurlikhede in ‘n sekonde te bereken nie. Dis lagwekkend in vergelyking met die Alwetende Een wat elke gebeurlikheid in ag geneem het voordat selfs ‘n nanosekonde van die horlosie van tyd afgetik het. Dink aan jou lewe as 'n skaakspel. Jy is die pion en God is die Groot Meester. Jy het geen idee wat jou volgende skuif moet wees nie, maar God het reeds die volgende 200 miljoen skuiwe beplan.’ God sê: ‘Ek maak die einde bekend vanaf die begin…’ (Jesaja 46:10 NLV). Sukkel jy om God se wil vir jou lewe te ontdek? Hier is die eenvoudige waarheid: God wil hê jy moet aankom waar Hy wil hê jy moet gaan, meer as wat jy wil aankom waar God wil hê jy moet gaan. As jy in pas met die Gees bly, sal God seker maak jy kom waar Hy wil hê jy moet gaan.
21 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min