Woord vir Vandag - 21 Nov 2024

Loading player...
“Die pad van die regverdiges… word al helderder…” Spreuke 4:18 NLV

Groei is ‘n pad wat mens stap

Wanneer dit by groei kom, kom jy nooit by jou ‘bestemming’ uit nie. Dis nie ‘n plek wat jy bereik nie; dis ‘n pad wat jy stap. ‘Die pad van die regverdiges is soos die lig met dagbreek. Dit word al helderder tot die volle dag aanbreek.’ ‘n Pastoor skryf: ‘Baie mense leer net deur probleme. Moeilike ervarings leer hulle lesse op die harde manier en hulle verander – soms tot voordeel, soms tot nadeel. Die lesse is willekeurig en moeilik. Dis baie beter om jou groei doelbewus te beplan. Jy besluit waar jy wil of wat jy nodig het om te groei, jy besluit wat jy wil leer en jy volhard met dissipline teen die pas wat jy gestel het. Dink wat dit is wat jy wil doen. Wie jy wil wees? Maak ‘n lys van dinge wat jou sal help om jou doelwit te bereik en daardie persoon te word. Is daar iets op daardie lys wat jy nou kan doen? Vandag? Doen dit dan. Of jy nou aangespoor voel of nie, dit is nou die tyd om te begin groei. As jy nie reeds doelbewus groei nie, moet jy vandag begin. As jy dit nie doen nie, kan jy dalk sekere doelwitte bereik wat jy kan vier, maar jy sal uiteindelik ‘n plato bereik. Wanneer jy egter doelbewus begin groei, kan jy aanhou groei en aanhou vra: ‘Wat is volgende?’ Wanneer jy aktief na jou doelwit begin werk, sal jy vind dat die deur na persoonlike groei ‘n skrefie begin oopgaan. Deur daardie skrefie sal jy orals nog geleenthede vir groei begin sien. Jou wêreld sal vir jou begin oopgaan. Jy sal meer bereik. Jy sal meer leer. Ander geleenthede sal hulself begin voordoen.’
20 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min