Woord vir Vandag - 20 Nov 2024

Loading player...
“Hoe dankbaar is ek teenoor Christus Jesus ons Here, wat my betroubaar geag en my selfs aangestel het om Hom te dien” 1 Timoteus 1:12 NLV

God kan jou gebruik

Een van die grootste sendelinge in die geskiedenis van die kerk was Mary Slessor, alhoewel sy as ‘n onwaarskynlike kandidaat begin het. As gevolg van haar pa se alkoholisme, het die elfjarige Mary twaalf uur skofte by die meule gewerk om haar familie te help om hulle rekeninge te betaal. Sy het ontdek dat sy boeke op haar weefstoel kon stut terwyl sy gewerk het. Terwyl sy oor die land Calabar (moderne Nigerië) gelees het, het Mary oortuig geraak dat sy daarheen as ‘n sendeling moet gaan. In 1876 het sy aanboord die S.S Ethiopia, wat ironies genoeg met vaatjies whisky gelaai was, na Wes-Afrika vertrek. Met die herinnering aan hoeveel skade alkohol aan haar familie aangerig het, het sy gesê: ‘Soveel vate whisky en net een sendeling.’ Maar wat ‘n sendeling! Mary was 'n kombinasie van prediker, kinderoppasser, verpleegster, dorpsonderwyseres en onderhandelaar wat stokalleen drie heidense streke deur die evangelie te verkondig, getransformeer het. Sy het stamoorloë voorkom en vroue en kinders by die honderde gered. Vir veertig jaar het sy vir God geswoeg. God hou daarvan om mense te gebruik wat die wêreld miskyk of weggooi. Mary Slessor was een van hulle. So ook Paulus. ‘…[Jesus] het my aangestel om Hom te dien, selfs al het ek voorheen met die Naam van Christus gespot. Ek het sy mense vervolg en hulle op enige moontlike manier benadeel. Maar God het sy onverdiende goedheid aan my bewys omdat ek dit uit onkunde en ongeloof gedoen het. O hoe barmhartig en genadig was die Here nie! Hy het my volledig vervul met geloof en die liefde van Christus Jesus’ (verse 12-14 NLV). Die God wat die apostel en Mary Slessor gebruik het kan jou ook gebruik – mits jy jou lewe aan Hom oorgee.
19 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min