Woord vir Vandag - 19 Nov 2024

Loading player...
“Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie…” 2 Timoteus 4:3 NLV

Die belangrikheid van gesonde leerstelling

Mense wat hulle graag met diamante wil optooi, gebruik gereeld die tydlose namaaksels van kubieke sirkonia. Deesdae kan wetenskaplikes egter regte diamante in ‘n laboratorium skep. Hierdie diamante is so goed dat edelsteenkundiges sukkel om tussen diamante wat in ‘n laboratorium geskep is en diamante wat gemyn is, te onderskei. Om hulle van mekaar te onderskei, word ‘n kontrolelys gebruik: gewig, kleur, helderheid en briljantheid word ondersoek. Daarsonder kan ‘n bedrieër voorgee dat ‘n diamant wat net twee dae oud is, een is wat duisende jare geneem het om te ontwikkel. Dieselfde is waar van geestelike waarheid. As Christene nie hulle Bybel ken nie, kan geestelike bedrieërs allerhande leuens as die waarheid voorhou. Dis nie genoeg vir iemand om wonderwerke in Jesus se Naam te doen nie. ‘Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in u Naam… baie wonders verrig!’ Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af!..’ (Matteus 7:22-23 NLV). Die Bybel sê dat selfs Satan hom as ‘n engel van die lig kan vermom. Paulus waarsku ons: ‘Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg’ (2 Timoteus 4:3-4 NLV). Die Bybel gebruik die woord ‘leerstelling’ ongeveer vyf-en-vyftig keer. Dis hoe belangrik dit is. Ons moet die begeerte van ‘n diamantkenner hê – ‘n begeerte om nie mislei te word nie. As noukeurige ondersoek, studie en sorg geneem word om die kwaliteit van ‘n edelsteen te bepaal, hoeveel te meer moet dieselfde inspanning nie tot die kosbare Woord van God aangewend word nie?
18 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min