Woord vir Vandag - 17 Nov 2024

Loading player...
“die volk wat in die donker sit, het ‘n helder lig gesien…”
Matteus 4:16 NLV

Jesus: die bron van lig (1)

Eerstens en die belangrikste, het Jesus die lig van verlossing vir die hele mensdom gebring. Een van die blywende voordele van sy koninkryk is egter sy impak op leer en opvoeding. Die woord universiteit het begin by diegene wat geglo het dat God die heelal geskep het; daarom moet sy weë bestudeer en geken word. Martin Luther het uit die Nuwe Testament die priesterskap van alle gelowiges uitgelig. In die proses het hy onderwys verander omdat hy gesê het dat elke persoon in staat moet wees om te lees en te skryf sodat hulle die Skrif self kan bestudeer. Dit het 'n doelwit van wêreldwye geletterdheid vir almal in 'n samelewing ingelui. In Amerika is die eerste wet wat vir universele onderwys gevra het, in 1647 in Massachusetts aangekondig. Dit is genoem, glo dit of nie, ‘The Old Deluder Satan Act.’ Die bewoording daarvan lui: ‘It being one chief product of that Old Deluder Satan, to keep men from the knowledge of the Scriptures… and to the end that learning may not be buried in the graves of our forefathers.’ Dis ‘n lieflike idee wat deur almal nagestreef moet word: dat onkunde die duiwel se gereedskap is en dat God die God van waarheid is. In nasie na nasie het Christensendelinge tale ontdek wat nie neergeskryf is nie. In dade van buitengewone opoffering het hulle hul lewens aan die taak gewy om hierdie tale neer te skryf. Hulle het die eerste woordeboeke saamgestel. Hulle het die eerste sinskonstruksie neergepen. Hulle het die eerste alfabette gevorm. Die eerste betekenisvolle eienaam wat in talle tale geskryf is, was die naam Jesus.
16 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min