Woord vir Vandag - 16 Nov 2024

Loading player...
“As julle My openlik erken voor die mense, sal Ek julle ook openlik erken voor my hemelse Vader.” Matteus 10:32 NLV

Oorkom jou vrees om jou geloof te deel

Om jou geloof op ‘n effektiewe wyse met ander mense te deel, moet jy die volgende drie struikelblokke oorkom: 1) Jy moet seker van jou eie verlossing wees. Johannes skryf: ‘Almal wat glo in die Seun van God, dra dié getuienis in hulle eie hart… En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in ‘n hegte verhouding met sy Seun… Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God’ (1 Johannes 5:10-11, 13 NLV). 2) Jy moet oor jou vrees vir verwerping kom. Dit beteken dat jy by die wortel van jou vrees, jou ego, moet uitkom. Eers wanneer jou selfbehoud en eiebelang gekruisig is, kan jy Christus sonder vrees bekend maak. Jesus het gesê: ‘Ek verseker julle, wie iemand ontvang wie Ek stuur, ontvang My…’ (Johannes 13:20 NLV). As iemand jou verwerp, mag jy dalk aansien verloor. As hulle egter vir Jesus verwerp, sal hulle hul siel verloor. 3) Jy moet wysheid gebruik om die evangelie te deel. ‘Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys’ (Spreuke 11:30 AFR53). God kan die hart van jou luisteraar voorberei sodat hulle oop is vir dit wat jy te sê het En Hy kan vir jou die regte woorde en die regte benadering gee om met hulle te praat. Jesus het gesê: ‘en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het’ (Johannes 14:26 NLV).
15 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min