Woord vir Vandag - 15 Nov 2024

Loading player...
“…Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Matteus 4:19 NLV

Om vis te vang en siele te wen

Jesus het vir professionele vissermanne gesê: ‘Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.’ Hierdie mans het drie dinge van visvang geweet: 1) Jy moet gaan waar die vis is. Jy sê: Ek dog ons is veronderstel om onsself apart van die wêreld te hou.’ Jesus het nie die kultuur vermy nie; Hy het daarby betrokke geraak om dit sodoende te verander. Jy moet dieselfde doen. Jesus het gebid: ‘Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle vir U geheilig wees deur ‘n hegte verbintenis aan die waarheid. Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur’ (Johannes 17:15-18 NLV). 2) Jy moet gereed wees wanneer die vis begin byt. ‘Inteendeel, eerbiedig net Christus as die heer van julle lewe. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer’ (1 Petrus 3:15 NLV). 3) Jy moet die regte aas gebruik om die vis te vang. Paulus het gesê: ‘Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring redding vir elkeen wat glo…’ (Romeine 1:16 NLV). Die woord ‘evangelie’ beteken goeie nuus. Eerlike sondaars voel reeds sleg oor hulle sondes en stryd; wat hulle nodig het is die krag om te verander. Hou hierdie drie beginsels voorop in jou gedagtes en gaan vang vandag siele van mense.
14 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min