Woord vir Vandag 14 Nov 2024

Loading player...
“…Hulle het krag in hulle swakheid ontvang…” Hebreërs 11:34

Tou-opgooiers wen nie. Wenners gooi nie tou op nie.

Volharding en die weiering om jou visie te laat vaar, het jou laat aanhou probeer totdat jy uiteindelik sukses behaal het. Probeer om jouself in te dink hoe die lewe sonder die gloeilamp of die polio-inenting sou gewees het. Tog het Thomas Edison en Jonas Salk eindelose hoofstukke van beproewing en mislukking beleef voordat hulle uiteindelik sukses behaal het. Suksesvolle mense neem kennis van hul mislukkings en leer daaruit. Hulle ondersoek dit versigtig, werk uit waar dinge verkeerd begin gaan het en gebruik dit dan om foute op die pad vorentoe reg te stel. Te dikwels begin ons nuwe projekte met opgewondenheid en entoesiasme. Die nuutheid van wat ons doen dryf ons vorentoe. Dan gaan iets verkeerd en ons hou op. Die projek het makliker gelyk as wat dit in werklikheid is en ons is nie bereid om daarby te bly en daaraan te werk nie, dus gooi ons tou op. Tou-opgooiers wen egter nie en wenners gooi nie tou op nie. As verloste kind van God, het jy ‘n verdere voordeel: ‘…my hulp kom van die Here…’ (Psalm 121:2 NLV). Dink daaroor. Met die Here wat jou in elke situasie en omstandigheid help, sal jy uiteindelik oorwin. Jy het ‘n bron van onfeilbare krag en leiding om hulp by te kry. Moses het deur kritiek, verraad en aanhoudende klaery geleef, maar tog het hy die grootste migrasie van mense in die geskiedenis van die mensdom gelei. Hoe het hy dit gedoen? Die Bybel gee ons die antwoord in twee frases: ‘…hy [het] na die beloning uitgesien… Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien’ (Hebreërs 11:26-27 AFR83). Hou dus jou oë op die Here, hou aan vorentoe kyk na jou beloofde beloning, en jy sal oorwin.
13 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min