Woord vir vandag 13 Nov 2024

Loading player...
“Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie.” Spreuke 27:1 NLV

Beplan vir die beste, maar wees voorbereid vir die ergste

Onverwagte gebeurtenisse kan ons van ons voete af slaan. Terwyl sommige van ons platgeslaan bly, staan ander weer op en gaan aan. Hulle weier om die nederlaag as permanent te aanvaar. Hulle is soos die man wat gesê het: ‘Ek is nooit af nie; ek is óf op, óf ek is besig om op te staan.’ Alles wat in die lewe gebeur, sien hulle as ‘n leerervaring. Om ‘n geliefde te verloor is hartverskeurend, maar dit kan ook ‘n wekroep wees om elke dag ten volle te leef. Deur te sukkel om ‘n slegte gewoonte te oorkom, kan daartoe lei dat jy jou lewe herprioritiseer en gesonde gewoontes instel. Jy kan vir die ergste voorberei deur geld vir noodgevalle te spaar, klasse oor nuwe produkte en tegnologie by te woon, jou verhoudings en kontakte op datum te hou sodat wanneer jy iemand vir hulp skakel, daar iemand aan die ander kant is wat gewillig is om die foon op te tel. Om dit te doen is soos om ‘n spaarwiel en gereedskap in jou kattebak te hê om ‘n pap wiel mee om te ruil. Jy hoop dat dit nooit nodig sal wees om dit te gebruik nie, maar jy hou dit gereed vir ingeval jy ‘n slaggat tref. Bo dit alles moet jy sorg dat jy jou verhouding met God in ‘n goeie toestand hou! ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (Psalm 37:23-24 NLV).
12 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 5 Feb 2026

Thursday 5 February “Don’t compare yourself with others.” Galatians 6:4 MSG “Don’t compare yourself with others” Paul wrote: “Don’t compare yourself with others. Each of you must take responsibility for doing the creative best you can with your own life” (vv. 4-5). Jesus was insistent on this. After the resurrection,…
22 Jan 2 min

Woord vir Vandag - 5 Feb 2026

Donderdag 5 Februarie “…sonder om julle met iemand anders te vergelyk.” Galasiërs 6:4 NLV Moenie jouself met ander vergelyk nie Paulus het geskryf: ‘Daarom moet julle almal eerder julle eie gedrag toets. Dan kan julle op julleself trots wees, sonder om julle met iemand anders te vergelyk. Ons weet tog:…
22 Jan 1 min

Word for Today - 4 Feb 2026

“Train up a child in the way he should go.” Proverbs 22:6 NKJV As a parent you must be secure Whether you lead at home, in church, or in business, you’ll be called upon to make hard and unpopular decisions for the good of all concerned. This is particularly so…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 4 Feb 2026

Woensdag 4 Februarie “Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies...” Spreuke 22:6 NLV Jy moet vertroue in jouself as ouer hê Wanneer jy as leier optree, of dit nou tuis, by die kerk of by die werk is, sal jy soms moeilike en ongewilde besluite vir die beswil…
22 Jan 1 min

Word for Today - 3 Feb 2026

“This I know…God is for me.” Psalm 56:9 NKJV God is for you! In his bestselling book, The Tipping Point, Malcolm Gladwell defines the tipping point as “the moment of critical mass, the threshold, the boiling point.” It’s the moment when an idea, trend, or social behavior passes the point…
22 Jan 2 min