Woord vir vandag 13 Nov 2024

Loading player...
“Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie.” Spreuke 27:1 NLV

Beplan vir die beste, maar wees voorbereid vir die ergste

Onverwagte gebeurtenisse kan ons van ons voete af slaan. Terwyl sommige van ons platgeslaan bly, staan ander weer op en gaan aan. Hulle weier om die nederlaag as permanent te aanvaar. Hulle is soos die man wat gesê het: ‘Ek is nooit af nie; ek is óf op, óf ek is besig om op te staan.’ Alles wat in die lewe gebeur, sien hulle as ‘n leerervaring. Om ‘n geliefde te verloor is hartverskeurend, maar dit kan ook ‘n wekroep wees om elke dag ten volle te leef. Deur te sukkel om ‘n slegte gewoonte te oorkom, kan daartoe lei dat jy jou lewe herprioritiseer en gesonde gewoontes instel. Jy kan vir die ergste voorberei deur geld vir noodgevalle te spaar, klasse oor nuwe produkte en tegnologie by te woon, jou verhoudings en kontakte op datum te hou sodat wanneer jy iemand vir hulp skakel, daar iemand aan die ander kant is wat gewillig is om die foon op te tel. Om dit te doen is soos om ‘n spaarwiel en gereedskap in jou kattebak te hê om ‘n pap wiel mee om te ruil. Jy hoop dat dit nooit nodig sal wees om dit te gebruik nie, maar jy hou dit gereed vir ingeval jy ‘n slaggat tref. Bo dit alles moet jy sorg dat jy jou verhouding met God in ‘n goeie toestand hou! ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (Psalm 37:23-24 NLV).
12 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min