Woord vir Vandag 12 Nov 2024

Loading player...
“Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here.” Romeine 12:11 NLV

‘n Geestelike EKG

Net soos ‘n EKG die gesondheid van ons fisiese hart en blokkasies wat dit kan bedreig, meet, is dit nuttig om ‘n instrument te hê wat ons ywer, toewyding en heelhartigheid wanneer dit kom by die dien van die Here, te kan meet. Die volgende ses vrae sal presies dit doen: 1) Praat ek openlik en gereeld oor my toewyding aan Christus om ‘n soort openbare aanspreeklikheid vir my dade te skep? 2) Aanvaar ek die verantwoordelikheid om te groei? Lees ek boeke, oefen vaardighede en ontmoet mense wat my kan help verbeter? 3) Kla ek oor probleme op ‘n manier wat halfhartige betrokkenheid weerspieël? 4) Hanteer ek teleurstellings deur met God te praat en vir Hom die krag om te volhard te vra? 5) Erken en vier ek selfs my klein treë in die regte rigting? 6) Die apostel Paulus skryf: ‘Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here.’ Toewyding beskryf passie, volharding en krag. Dit is dinge wat ek kan dophou en oppas. Is ek tans eerlik oor my vlak van toewyding? Wanneer my toewyding afneem, neem ek stappe om dit te vernuwe? Dink versigtig en met gebed oor elkeen van hierdie vrae. Wees eerlik met God en met jouself. As jy nie van die antwoorde hou nie, besluit vandag om tot aksie oor te gaan. Bestee meer tyd alleen met God in gebed en deur sy Woord te lees. Om ‘n brandende ywer vir God te hê, is soos om ‘n vuur op te pas; dit vereis konstante brandstof en onderhoud. Niemand anders kan dit namens jou doen nie.
11 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min