Woord vir Vandag 11 Nov 2024

Loading player...
“Amasia het gedoen wat reg was vir die Here, maar nie met sy hele hart nie.” 2 Kronieke 25:2 NLV

Streef na heelhartige toewyding aan God

Die Bybel sê: ‘Amasia het gedoen wat reg was vir die Here, maar nie met sy hele hart nie’ (vers 2 NLV). Vergelyk dit met wat God oor Dawid gesê het: ‘…Ek het Dawid… gekry; hy is ‘n man na my hart. Hy sal alles doen wat Ek wil hê’ (Handelinge 13:22 NLV). Dit kan bietjie verwarrend wees, want wanneer jy oor Dawid se lewe lees, kry jy hoofstukke van owerspel, moord en toesmeerdery. Hy is ‘n ramp as man en ‘n onwaardige pa.

Sy hart is egter aan God toegewy. Hoe weet ons dit? Want wanneer hy foute gemaak het en gesondig het, het hy berou en die begeerte om dinge reg te maak by God, gehad. Toe Dawid die verbondsark na Israel toe teruggelei het, het hy ‘…met volle oorgawe voor die Here gedans…’ (2 Samuel 6:14 NLV). Hy het homself heeltemal daarin gewerp.

Die Skrif sê dat Dawid voor die Here gespring en gedans het (sien 2 Samuel 6:16). In die vroeë geskiedenis is die hart as die kern van die mens gesien. Dit het nie net gevoelens gehuisves nie, maar is as die middelpunt van 'n persoon se wese, veral sy of haar wil, gesien. Heelhartige toewyding aan God wys dus wat jy kies om met al jou energie aan te gryp. Amasia het nege-en-twintig jare van sy lewe bestee om sy toewyding aan God te verfyn. Hy het gedoen wat reg is, maar sy hart was nie daarin nie. Dawid het, ten spyte van sy foute, God met sy hele hart nagestreef. Die woord vir jou vandag is dus - streef na heelhartige toewyding aan God.
10 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min