Woord vir Vandag - 8 Nov 2024

Loading player...
“Gevolglik kan Hy hulle wat deur Hom na God toe gaan, eens en vir altyd verlos…” Hebreërs 7:25 NLV

Van gemors na kosbaarheid
‘n Christelike leier skryf: ‘Die Italiaanse vioolmaker Antonio Stradivari was ‘n arm man. Tog is sy viole die kosbaarste viole wat nog ooit gemaak is, vanweë die ryk en resonante klank wat hulle voortbring. Die unieke klank van 'n Stradivarius kan nie gedupliseer word nie. Wat jou dalk mag verras, is dat hierdie kosbare instrumente nie uit duur stukke hout gemaak is nie, maar uit weggooihout. Omdat Stradivari nie duur materiaal kon bekostig nie, het hy die meeste van sy hout uit die vuil hawens waar hy gewoon het gekry. Hy het dan daardie deurweekte stukke hout na sy winkel geneem, dit skoongemaak en uitgedroog. Dan, uit daardie vermorste stukke hout, sou hy instrumente van seldsame skoonheid skep. Daar is sedertdien ontdek dat terwyl die hout in daardie vuil hawens gedryf het, mikrobes die hout binnegedring het en die middelpunte van die hout se selle gevreet het. Dit het 'n veselagtige infrastruktuur in die hout agtergelaat wat resonerende kamers vir die musiek geskep het. Uit hout wat niemand wou gehad het nie, het Stradivari viole gemaak wat almal nou wil hê.’ Jy vra: ‘Hoe het dit betrekking op my?’ Net soos die vioolmaker gemors in iets kosbaars omskep het, kan God jou transformeer in dit wat jy eintlik bedoel is om te wees. Jy sê: ‘Jy weet nie hoe laag ek gedaal het of van die dinge wat ek gedoen het nie. Ek twyfel dat Jesus iemand soos ek kan red en transformeer!’ Stel Hom op die proef. Toets Hom. Jy sal nie teleurgestel word nie. Die Bybel sê: ‘Gevolglik kan Hy hulle wat deur Hom na God toe gaan, eens en vir altyd verlos…’
7 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min