Woord vir Vandag - 7 Nov 2024

Loading player...
“Ons siel wag op die Here; Hy is ons hulp en ons skild” Psalm 33:20 AFR53

Wag in God se teenwoordigheid
Ons innerlike self kan opgelei word om op God te wag, selfs al is ons uiterlike self gestres en angstig vir antwoorde. Dit is nie maklik om dit in ons vinnige samelewing, waar die geestelike dissipline om op die Here te wag dikwels ontbreek, te doen nie. Ons wil alles dadelik hê. As ons egter altyd haastig is, sal ons die hegte gemeenskap met God wat tyd neem om te ontwikkel, misloop. Hy sal met ons harte praat, indien ons geduldig is om te luister. Nadat hy Baäl se profete doodgemaak het, het Elia ‘n waardevolle les geleer oor hoe om op God te wag. Die Here het vir hom gesê om op ‘n berg te gaan staan. ‘n Groot rukwind het daar verbygekom, toe ‘n aardbewing en toe ‘n vuur, maar die Here was nie in een daarvan nie. Die Bybel sê: ‘…Na die vuur was daar die geluid van ‘n sagte fluistering’ (1 Konings 19:12 NLV). Die Here het in ‘n stil fluistering na die rukwind, aardbewing en vuur gepraat. As Elia ongeduldig was, sou hy nie die Here se stem gehoor het nie. Dawid het ook geleer om op God te wag. ‘…Ek wil ervaar hoe goed Hy vir my is. Ek wil weer en weer daaroor nadink wanneer ek Hom aanbid’ (Psalm 27:4 DB). Om effektief te kan bid, moet ons kies om geduldig te wag en te luister vir sy Woord. Deur te wag en te luister, word die fokus van ons af geneem en op Hom, wat die antwoord op al ons behoeftes is, geplaas. Dit is dikwels in stilte wat die krag van God die magtigste beweeg. Laat dus die Heilige Gees toe om jou te leer om in sy teenwoordigheid te wag.
6 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min