Woord vir Vandag - 6 Nov 2024

Loading player...
“Hier is ‘n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het…” Johannes 6:9 NLV

Maak nie saak hoe klein nie, Jesus kan dit gebruik
Indien jy voel dat jy nie talentvol genoeg is om deur God gebruik te word nie, lees die verhaal van die skare van vyfduisend wat deur vyf garsbrode en twee vissies gevoed is. Daar was eintlik vyfduisend mans in die skare. As jy die vrouens en kinders byvoeg, kan die getal meer as twintigduisend wees. Die seuntjie se middagete was kariger as wat jy dink. 'n Brood was omtrent so groot soos 'n klein pannekoek. Die vissies verwys na seediere wat omtrent so groot soos sardientjies was. Wat daardie middagete egter ’n groot fees gemaak het, is dat die seuntjie gewillig was om sy middagete op te gee. Hy het nie gesê: ‘Here, U kan een vissie en twee broodjies kry, maar ek gaan die res hou’ nie. Hy het vir Jesus alles gegee wat Hy van hom gevra het. Dink nou aan die gevolg van sy opofferende goedhartigheid. 1) Die oorspronklike middagete het nie eers ‘n enkele mandjie volgemaak nie, maar die oorskiet het twaalf mandjies volgemaak. Dit illustreer die oeswet wat in die Skrif geleer word. Wanneer jy vir God gee, kry jy altyd meer terug as wat jy gee (sien Lukas 6:38). Wanneer jy terughou, steel jy God se seën by jouself. ‘Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm’ (Spreuke 11:24 NLV). 2) Deur aan ander mense se behoeftes te voldoen, is daar aan sy behoeftes voldoen. ‘Jesus het toe die brode geneem, ‘n dankgebed gedoen en dit aan die mense wat daar gesit het, uitgedeel en ook soveel van die vissies as wat hulle wou hê’ (Johannes 6:11 NLV). Die waarheid is dat wanneer jy dit wat jy het vir God gee, jy verwonderd sal wees oor wat Hy daarmee doen.
5 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min