Woord vir Vandag - 3 Nov 2024

Loading player...
2024/11/03
"Tog is U die heilige wat woon waar Israel U prys." Psalm 22:4 NLV
Liedere van redding (3)
Die Nuwe Lewende Vertaling sê: ‘Tog is U die heilige wat woon waar Israel U prys.’ Die 2020 vertaling sê: ‘U is tog die Heilige, U heers waar die lofliedere van Israel opklink.’ Jy vra: ‘Watter vertaling is die regte een? Beide is reg. Die woord ‘woon’ beeld ‘n inwoner wat tuis voel uit. Die woord ‘heers’ beeld iemand in ‘n posisie van mag en gesag uit, iemand wat bevele kan gee en dinge kan laat gebeur. God is dus tuis in ons lofprysing; sy mag word deur ons lofprysing vrygestel. Toe God die aarde geskep het, het Hy dit met woorde – klank – gedoen. Dus kan God se krag deur klank beweeg. Sekere klanke roer sy hart. Sekere klanke roep sy teenwoordigheid aan. Sekere klanke beweeg Hom tot aksie. Die sleutel tot verlossing word in ‘n ontmoeting met God gevind. Liedere van redding kan so ‘n ontmoeting met God moontlik maak. Lees hierdie drie Skrifgedeeltes aandagtig deur: ‘…Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig’ (Psalm 4:5 NLV). ‘Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom…’ (Psalm 37:7 NLV). ‘Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige’ (Psalm 91:1 NLV). Let die woorde ‘oordink,’ ‘wees rustig,’ ‘wees stil,’ ‘wag geduldig’ en ‘hy wat woon in die skuilplek,’ op. Stel jouself nou voor waar jy die teenwoordigheid van God in jou laat insypel. Jou emosies is stil, jou gees is ingestel op God se teenwoordigheid, jy kan hoor wat Hy te sê het en van Hom ontvang wat jy nodig het. Dit is wat gebeur wanneer jy jouself met ‘liedere van redding,’ omring.

Sielskos: Hand 9:1-19; 2 Kor 11:21-33; 2 Kor 12:7-10; Hand 16:16-40
2 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min