Woord vir Vandag - 2 Nov 2024

Loading player...
2024/11/02
"Teen middernag was Paulus ne Silas besig om te bid en tot lof van God te sing..." Handelinge 16:25 NLV
Liedere van redding (2)
Selfs die wetenskap stem saam dat musiek genesende krag het. Ons het deesdae musiekterapeute wat mense in hospitale, skole vir kinders met spesiale behoeftes, ouetehuise en ander omgewings bystaan. Navorsers aan die Harvard-universiteit het, onder andere, berig dat musiek 'n genesende balsem vir beroerte, Alzheimer se siekte en die fisiese stres van voortydige geboorte, is. Hulle het ook gevind dat musiek chirurgiese uitkomste kan verbeter, help om verlore spraak te herstel, newe-effekte van kankerterapie kan verminder, pyn kan verlig en depressie kan beveg. Dr Gottfried Schlaug, ‘n neuroloog verbonde aan Harvard Universiteit, het vir die Los Angeles Times gesê: ‘Musiek kan 'n alternatiewe toegangspunt tot die brein bied, omdat dit soveel verskillende deure in 'n beseerde of siek brein kan ontsluit.’ Sy navorsing wys dat toonhoogte, harmonie, melodie, ritme en emosie, wat almal komponente van musiek is, verskillende dele van die brein betrek - dele van die brein wat ook belangrik vir spraak, beweging en sosiale interaksie is. ‘Met ‘n woord het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk’ (Psalm 107:20 NLV). Dus, wanneer musiek die medium is wat gebruik word om God te prys en sy kreatiewe en lewensveranderende Woord uit te druk, begin jy die potensiaal van musiek om redding mee te bring, insien. Dit was vir seker die geval vir Paulus en Silas: ‘Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik kom daar ‘n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom!’ (Handelinge 16:25-26 NLV).
Verander jou houding. Verander jou omgewing. Verander jou lewensuitkyk. Begin om jouself met liedere van redding te omring!

Sielskos: Jes 34-37; John 7:25-44; Ps 104:24-35; Spr 28:9-12
1 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min