Woord vir Vandag - 1 Nov 2024

Loading player...
"...U omring my met liedere van redding." Psalm 32:7 NLV
Liedere van redding (1)
Die Psalmdigter het geskryf: ‘U is vir my ‘n skuilplek. U beskerm my van teëspoed. U omring my met liedere van redding.’ Wanneer moeilikheid opdaag, kan jy na God toe draai en by Hom wegkruip. Hoe? Deur jouself met liedere van redding te omring. Ruth Ward Heflin gee ons ‘n padkaart na God se teenwoordigheid toe: ‘Jy lofprys totdat die gees van aanbidding kom, jy aanbid totdat die heerlikheid kom en dan staan jy in die heerlikheid.’ Dit is daar waar alle dinge moontlik is. God het vir Jeremia gesê: ‘…Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het gaan gebeur’
(Jeremia 1:12 NLV). Die harp wat Dawid gebruik het om God op die heuwels te loof terwyl hy na sy skape omgesien het, is dieselfde harp wat God gebruik het om koning Saul van die geeste wat hom in die greep van depressie gehad het, te bevry. Dit was ook nie die enigste keer wat God musiek gebruik het om ‘n wonderwerk mee te verrig nie. Toe die mense van Juda uitwissing as gevolg van droogte in die gesig gestaar het, het die profeet Elisa gesê: ‘Laat iemand wat die lier kan speel, hiernatoe kom. Terwyl iemand op die lier gespeel het, kom die krag van die Here oor Elisa. Hy sê: ‘Dit is wat die Here sê: Hierdie droë vallei sal met poele water gevul word’’ (2 Konings 3:15-16 NLV). God het daardie vallei vol water gemaak en hulle ‘n skouspelagtige oorwinning oor hul vyande gegee. Die sanger Julie True sê: ‘Op 'n geestelike vlak omseil musiek ons verstand en gaan reguit na ons hart, siel en gees toe. Dit raak plekke aan wat deur niks anders bereik kan word nie. Aanbidding maak die hemele oop en roer God se hart.’

Sielskos: Jes 30-33; Joh 7:14-24; Ps 104:1-23; Spr 28:5-8
31 Oct 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min