Dis nie net Namibië nie, wêreld word droeër

--:--
Namibiërs is geen vreemdelinge vir droogtes nie maar, die wêreld sal ook gewoond moet raak. Die jaar 2023 was die droogste jaar vir globale riviere in meer as 30 jaar, volgens 'n nuwe verslag wat deur die Wêreld Meteorologiese Organisasie gekoördineer is. Die verslag toon kritieke veranderinge in waterbeskikbaarheid in 'n era van groeiende vraag. Gletsers het in die afgelope halfeeu 600 gigaton, of te wel, 600 triljoen metrieke ton water verloor. Celeste Saulo van die organisasie het met die media gepraat.
17 Oct 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Oudit toerismeprojekte, vra DA

Die DA doen 'n beroep op toerismeminister Patricia de Lille om toerismeprojekte wat oor die afgelope dekade begin is te oudit, met verwysing na 'n bedrag van meer as 500-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir 'n projek wat min gevorder het. Die party beweer verslae dui aan talle projekte is onvoltooi of…
17 Oct 8AM 1 min

Voertuigverkope 'n positiewe ekonomiese aanwyser

Voertuigverkope vir September dui goeie syfers aan vir ligte kommersiële voertuie met ontledings wat toon dat tot dusver vanjaar, uit ‘n totaal van 9 471 voertuie, was 4 666 ligte kommersiële voertuie en 581 medium en swaar kommersiële voertuie. Kosmos 94.1 Nuus het by die deurwinterde sakeman dr. Leake Hangala…
17 Oct 8AM 1 min

Voorbereidings vir Erongo-expo op dreef

Voorbereidings vir die Erongo Business and Tourism-expo is op dreef. Die geleentheid begin op 30 Oktober en duur tot 2 November en word in Walvisbaai gehou. Kosmos 94.1 het met die Erongo-goewerneur Neville Andre gesels.
17 Oct 6AM 1 min

Bestuursprotokolle vir slangbyte ontwikkel

Nuwe slangbyt-bestuursprotokolle is ontwikkel deur drs. Buys en Saaiman, en Francois Theart, en merk 'n aansienlike vooruitgang in die bestuur van slangbytvoorvalle. Die protokolle dek voorkoming, noodhulp en hospitaalsorg om beter uitkomste vir slagoffers te verseker deur 'n sistematiese en ingeligte benadering. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende…
17 Oct 6AM 1 min

Wynveiling samel goed in vir bewaring

Die gesogte N/a’an ku sê Wynveiling het sy vyfde jaar van sukses gevier deur wêreldwye ondersteuners te verenig vir ’n aand gewy aan bewaring en gemeenskap. Die veiling het onder andere 20 beperkte-uitgawe bottels van Neuras Wine and Wildlife Estate aangebied, elk met lasergegraveerde beelde van ikoniese wild soos leeus,…
17 Oct 6AM 1 min