Voertuigverkope 'n positiewe ekonomiese aanwyser

--:--
Voertuigverkope vir September dui goeie syfers aan vir ligte kommersiële voertuie met ontledings wat toon dat tot dusver vanjaar, uit ‘n totaal van 9 471 voertuie, was 4 666 ligte kommersiële voertuie en 581 medium en swaar kommersiële voertuie. Kosmos 94.1 Nuus het by die deurwinterde sakeman dr. Leake Hangala aangeklop oor die positiewe ekonomiese aanwyser. Hy is optimisties.
17 Oct 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Protea-vroue kan Australië klop: Laura Wolvaardt

Krieket: Die Protea-vroue se kaptein, Laura Wolvaardt, glo hulle het die talent om vandag die verdedigende kampioen, Australië, in Dubai te klop in die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die twee spanne het verlede jaar op Nuweland in Kaapstad in die eindstryd kragte gemeet toe Australië sy sesde titel gebuit het…
17 Oct 8AM 1 min

So ken mens verkiesing-disinformasie uit

FactCheck Namibia en Africa Check het 'n tweedaagse verkiesingsfeitekontrole-opleidingswerkswinkel in Windhoek aangebied. Die doel was om lede van die burgerlike samelewing, joernaliste en ander media-belanghebbendes op te lei om verkiesingsverwante wan- en disinformasie te identifiseer en teë te werk. Africa Check is die vasteland se eerste onafhanklike feitekontrole-organisasie. Kosmos 94.1…
17 Oct 8AM 1 min

Oudit toerismeprojekte, vra DA

Die DA doen 'n beroep op toerismeminister Patricia de Lille om toerismeprojekte wat oor die afgelope dekade begin is te oudit, met verwysing na 'n bedrag van meer as 500-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir 'n projek wat min gevorder het. Die party beweer verslae dui aan talle projekte is onvoltooi of…
17 Oct 8AM 1 min

Voorbereidings vir Erongo-expo op dreef

Voorbereidings vir die Erongo Business and Tourism-expo is op dreef. Die geleentheid begin op 30 Oktober en duur tot 2 November en word in Walvisbaai gehou. Kosmos 94.1 het met die Erongo-goewerneur Neville Andre gesels.
17 Oct 6AM 1 min

Bestuursprotokolle vir slangbyte ontwikkel

Nuwe slangbyt-bestuursprotokolle is ontwikkel deur drs. Buys en Saaiman, en Francois Theart, en merk 'n aansienlike vooruitgang in die bestuur van slangbytvoorvalle. Die protokolle dek voorkoming, noodhulp en hospitaalsorg om beter uitkomste vir slagoffers te verseker deur 'n sistematiese en ingeligte benadering. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende…
17 Oct 6AM 1 min