Oudit toerismeprojekte, vra DA
--:--
Die DA doen 'n beroep op toerismeminister Patricia de Lille om toerismeprojekte wat oor die afgelope dekade begin is te oudit, met verwysing na 'n bedrag van meer as 500-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir 'n projek wat min gevorder het. Die party beweer verslae dui aan talle projekte is onvoltooi of gevandaliseer en onreëlmatige uitgawes is 'n groot bekommernis. Die DA-lid, Haseena Ismail, eis beter toesig en sterker projekbestuur om te verseker hierdie projekte verbeter Suid-Afrika se toerismepotensiaal: