Ovaherero-stigting 'vertrou nie regering' in reparasies-onderhandelinge

--:--
Duitsland het in 2021 aangekondig dat hy 1,3 miljard Euro oor 30 jaar sal betaal vir ontwikkelingsprojekte in Namibië, as reparasie vir die Nama- en Ovaherero-volksmoord. President Nangolo Mbumba het Duitsland onlangs besoek en met kanselier Olaf Scholz vergader oor 'n aantal kwessies, insluitend reparasies en ekonomiese samewerking. Die Duitse mediamaatskappy Deutsche Welle het gesels met Nandi Mazeinga, die woordvoerder van die Ovaherero-stigting, en hom gevra of die Ovaherero die regering vertrou.
17 Oct 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NDP-leier los presidensiële veldtog na 'advies van Bo'

Lukato Lukato, die president van die Nasionale Demokratiese Party, NDP, sê dat hy besluit het om aan die presidensiële veldtog te onttrek omdat hy 'n boodskap van God ontvang het dat hy nie voldoende voorbereid is nie. Volgens Lukato het God hom belowe dat hy voorbereid sal wees om in…
17 Oct 12PM 1 min

Los buie dalk op pad die naweek

Volgens die weervoorspelling soos ons die naweek nader kan daar reënbuie begin uitsak. Die binneland sal sonnig en warm wees in die westelike dele, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en warm sal wees met buie in die sentrale en oostelike dele. Geïsoleerde donderbuie word in die noordooste en sentraal-noorde verwag,…
17 Oct 12PM 1 min

Derduisende bykomende huishoudings kry droogtehulp

Die jongste kabinetsbesluite is bekendgemaak. Die kabinet het onder meer 'n bykomende begrotingstoewysing van 16,8 miljoen Namibiese dollar van die Nasionale Noodrampfonds vir streeksbefondsing goedgekeur. Dit het ook die inskrywing van 64 525 bykomende huishoudings vir droogtehulp onderskryf, met 'n finansiële implikasie van 256 miljoen dollar vir die 2025/'26-boekjaar. Inligtingminister…
17 Oct 11AM 1 min

Cyril sê staat sal bou van elektriese voertuie ondersteun

President Cyril Ramaphosa belowe staatsondersteuning vir die vervaardiging van nuwe energievoertuie in Suid-Afrika, namate die land oorskakel na 'n groener motorbedryf. Hy het by die SA Motorweek gesê die land moet hom gereed maak vir die stygende vraag na elektriese en hibriede voertuie. Volgens Ramaphosa werk die regering aan beleid…
17 Oct 11AM 1 min