Optimisme oor voertuigverkope vir res van 2024

--:--
Volgens Simonis Storm het voertuigverkope in September altesaam 988 eenhede beloop, wat 'n afname oor die afgelope twee maande beteken. Deurlopende verkope weerspieël egter 'n mate van verbruikersvertroue in die mark se potensiële herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, 'n ekonoom van Simonis Storm, vir 'n vooruitsig vir die res van die jaar.
17 Oct 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Derduisende bykomende huishoudings kry droogtehulp

Die jongste kabinetsbesluite is bekendgemaak. Die kabinet het onder meer 'n bykomende begrotingstoewysing van 16,8 miljoen Namibiese dollar van die Nasionale Noodrampfonds vir streeksbefondsing goedgekeur. Dit het ook die inskrywing van 64 525 bykomende huishoudings vir droogtehulp onderskryf, met 'n finansiële implikasie van 256 miljoen dollar vir die 2025/'26-boekjaar. Inligtingminister…
17 Oct 11AM 1 min

Cyril sê staat sal bou van elektriese voertuie ondersteun

President Cyril Ramaphosa belowe staatsondersteuning vir die vervaardiging van nuwe energievoertuie in Suid-Afrika, namate die land oorskakel na 'n groener motorbedryf. Hy het by die SA Motorweek gesê die land moet hom gereed maak vir die stygende vraag na elektriese en hibriede voertuie. Volgens Ramaphosa werk die regering aan beleid…
17 Oct 11AM 1 min

Vroeë identifikasie van Alzheimer se siekte kry hupstoot

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie stel op 23 Oktober sy "voorkeurprodukkenmerke van bloedgebaseerde biomerkerdiagnostiek vir Alzheimer se siekte" bekend. Dit is 'n belangrike stap in die verbetering van vroeë diagnose en hantering van Alzheimer se siekte. Bloedgebaseerde biomerkers kan die identifisering van individue in gevaar of in die vroeë stadiums van die…
17 Oct 11AM 1 min

Ovaherero-stigting 'vertrou nie regering' in reparasies-onderhandelinge

Duitsland het in 2021 aangekondig dat hy 1,3 miljard Euro oor 30 jaar sal betaal vir ontwikkelingsprojekte in Namibië, as reparasie vir die Nama- en Ovaherero-volksmoord. President Nangolo Mbumba het Duitsland onlangs besoek en met kanselier Olaf Scholz vergader oor 'n aantal kwessies, insluitend reparasies en ekonomiese samewerking. Die Duitse…
17 Oct 10AM 1 min