Honger Omaheke herdenk Wêreldvoedseldag

--:--
Die landbouministerie, in samewerking met die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie en die Omaheke-streeksraad, het Wêreldvoedseldag in Gobabis herdenk. Vanjaar se fokus is op wêreldwye pogings om honger en wanvoeding te bekamp, wat die belangrikheid beklemtoon van toegang tot voedsame en veilige voedsel vir almal, veral kwesbare bevolkings. In die Omaheke-streek is ongeveer 800 mense sedert 2022 weens wanvoeding dood, en 30 219 gevalle van wanvoeding is in dieselfde tydperk aangeteken. Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate, het tydens die geleentheid beklemtoon dat inwoners toegang tot voedsame diëte moet hê.
16 Oct 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nudo sê daar’s te veel presidensiële kandidate

Die National Unity Democratic Organisation, Nudo, het nie 'n kandidaat vir die presidensiële verkiesing genomineer nie. Sekretaris-generaal Josef Kauandenge het daarop gewys dat, ten spyte van die party se interne uitdagings, die hoë aantal presidentskandidate onprakties is vir 'n land met so 'n klein bevolking. Daar is 18 kandidate wat…
17 Oct 1AM 1 min

Prada help met ontwerp van ruimtepakke

Die Italiaanse modehuis Prada en die nuwe Amerikaanse ruimtevaartmaatskappy Axiom Space het die ruimtepakke onthul vir NASA se komende Artemis 3-sending, wat sy eerste bemande reis na die maan sal wees sedert Apollo 17 in 1972. Die ontwerp van die nuwe ruimtepak verbeter beweeglikheid, kan 'n ruimtewandeling van agt uur…
17 Oct 1AM 1 min

Ondersteun ISAP, koop ‘n kalender, kry ‘n boom 

Die Intelligence Support Against Poaching, of ISAP, se 2025-kalenders is nou beskikbaar teen slegs 250 Namibiese dollar elk. Alle fondse van verkope sal gebruik word om teen-stropery-inisiatiewe by te staan. Boonop kry jy met elke aankoop 'n gratis kameeldoringboompie om te plant. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fritz Kaufmann,…
17 Oct 1AM 1 min

Oorlopery is bewys dat politici nie wil dien nie

Die aktivis Michael Amushelelo het hom weer by die Namibia Economic Freedom Fighters aangesluit na hy oorgeloop het van die Landless People's Movement, waarby hy op 11 Julie vanjaar aangesluit het. Amushelelo, voorheen ook 'n lid van die Landless People’s Movement, het die NEFF verlaat toe die party deur die…
17 Oct 12AM 1 min

Etosha se paaie sal aandag kry, belowe...

Toerisme-operateurs en besoekers aan Etosha Nasionale Park het kommer uitgespreek oor die slegte toestand van die park se grondpaaie, met verwysing na kwessies soos band-lekke en skade aan uitlaatspruitstukke. Frustrasie neem toe onder diegene wat Namibië se vlagskippark besoek weens die uitdagings wat die verslegtende paaie inhou. In reaksie hierop…
17 Oct 12AM 1 min