Nudo sê daar’s te veel presidensiële kandidate

--:--
Die National Unity Democratic Organisation, Nudo, het nie 'n kandidaat vir die presidensiële verkiesing genomineer nie. Sekretaris-generaal Josef Kauandenge het daarop gewys dat, ten spyte van die party se interne uitdagings, die hoë aantal presidentskandidate onprakties is vir 'n land met so 'n klein bevolking. Daar is 18 kandidate wat om die presidentskap sal meeding, asook drie onafhanklike kandidate wat op 'n besluit van die Verkiesingskommisie wag. 
17 Oct 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ekonomiese aanwysers vertoon goed, kan ons Desember vakansie hou?

Die jaarlikse inflasiekoers in September was 3,4 persent, 'n aansienlike daling vanaf die 5,4 persent wat in September 2023 geregistreer is. Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee het gereageer deur die repokoers met 25 basispunte tot 7,25 persent te verlaag, met die doel om die binnelandse ekonomie te ondersteun…
17 Oct 4AM 1 min

SAPD se agterstand in forensiese verslae moet aangespreek word

Action Society pleit vir onmiddellike optrede aangesien vertragings met forensiese verslae duisende strafregtelike sake ophou. Die forensiese laboratoriums van die Suid-Afrikaanse Polisiediens sit met ʼn agterstand en slegs ʼn klein persentasie roetinesake word betyds verwerk. Woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, sê hierdie vertragings beïnvloed veral sake oor gesinsgeweld…
17 Oct 4AM 1 min

Spesiale pakkette is nodig vir jeugfinansiering

Die Swapo-jeugliga het die party se manifes vir 2025-2030 bespreek, wat fokus op jeugbemagtiging vir volhoubare ontwikkeling. Dino Ballotti beklemtoon dat Namibië voldoende finansiële hulpbronne het, maar daar is 'n aansienlike uitdaging om toegang tot fondse te verkry, veral vir jong entrepreneurs. Die manifes skets strategieë wat daarop gemik is…
17 Oct 3AM 1 min

Outa sê Sanral raak kreatief om sy skuld af te skryf

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap beskuldig omdat hul kreatiewe rekeningkunde gebruik om die reuse e-tol-skuld af te skryf. Die organisasie beweer Sanral het e-tol-inkomste oorskat en dit tot meer as ses-miljard-rand vergroot, terwyl die meeste van hierdie inkomste nie ingevorder kan word nie. Hulle eis 'n…
17 Oct 3AM 1 min

Alcaraz het net lof vir Rafa

Die Spanjaarde Rafael Nadal en Carlos Alcaraz sal vandag vir oulaas teen mekaar speel in die halfeindstryd van die Six Kings Slam-vertoonbyeenkoms in Riaad, Saoedi-Arabië. Nadal, wat 22 Grand Slam-titels op sy kerfstok het, het verlede week aangekondig hy sal volgende maand na die Davisbeker-eindstryd in Malaga uittree. Alcaraz het…
17 Oct 2AM 1 min