Oorlopery is bewys dat politici nie wil dien nie

--:--
Die aktivis Michael Amushelelo het hom weer by die Namibia Economic Freedom Fighters aangesluit na hy oorgeloop het van die Landless People's Movement, waarby hy op 11 Julie vanjaar aangesluit het. Amushelelo, voorheen ook 'n lid van die Landless People’s Movement, het die NEFF verlaat toe die party deur die Verkiesingskommissie gederegistreer is. Die party is onlangs herregistreer na 'n hof-aansoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met politieke ontleder dr. Marius Kudumo, wat sê sulke rondvallery dui op 'n soeke na persoonlike gewin.
17 Oct 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Spesiale pakkette is nodig vir jeugfinansiering

Die Swapo-jeugliga het die party se manifes vir 2025-2030 bespreek, wat fokus op jeugbemagtiging vir volhoubare ontwikkeling. Dino Ballotti beklemtoon dat Namibië voldoende finansiële hulpbronne het, maar daar is 'n aansienlike uitdaging om toegang tot fondse te verkry, veral vir jong entrepreneurs. Die manifes skets strategieë wat daarop gemik is…
17 Oct 3AM 1 min

Outa sê Sanral raak kreatief om sy skuld af te skryf

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap beskuldig omdat hul kreatiewe rekeningkunde gebruik om die reuse e-tol-skuld af te skryf. Die organisasie beweer Sanral het e-tol-inkomste oorskat en dit tot meer as ses-miljard-rand vergroot, terwyl die meeste van hierdie inkomste nie ingevorder kan word nie. Hulle eis 'n…
17 Oct 3AM 1 min

Alcaraz het net lof vir Rafa

Die Spanjaarde Rafael Nadal en Carlos Alcaraz sal vandag vir oulaas teen mekaar speel in die halfeindstryd van die Six Kings Slam-vertoonbyeenkoms in Riaad, Saoedi-Arabië. Nadal, wat 22 Grand Slam-titels op sy kerfstok het, het verlede week aangekondig hy sal volgende maand na die Davisbeker-eindstryd in Malaga uittree. Alcaraz het…
17 Oct 2AM 1 min

Ramaphosa woon Brics by

President Cyril Ramaphosa gaan volgende week die 16de Brics-beraad in Kazan, Rusland, bywoon. Dit duur van Dinsdag tot volgende Donderdag en sal fokus op samewerking tussen Brics-lande op sleutelgebiede soos politiek, sekerheid, die ekonomie en kultuur. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika se deelname is daarop gemik om…
17 Oct 2AM 1 min

Nudo sê daar’s te veel presidensiële kandidate

Die National Unity Democratic Organisation, Nudo, het nie 'n kandidaat vir die presidensiële verkiesing genomineer nie. Sekretaris-generaal Josef Kauandenge het daarop gewys dat, ten spyte van die party se interne uitdagings, die hoë aantal presidentskandidate onprakties is vir 'n land met so 'n klein bevolking. Daar is 18 kandidate wat…
17 Oct 1AM 1 min