Ramaphosa woon Brics by

--:--
President Cyril Ramaphosa gaan volgende week die 16de Brics-beraad in Kazan, Rusland, bywoon. Dit duur van Dinsdag tot volgende Donderdag en sal fokus op samewerking tussen Brics-lande op sleutelgebiede soos politiek, sekerheid, die ekonomie en kultuur. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika se deelname is daarop gemik om ontwikkeling te verstewig deur bande met BRICS-lande te versterk en die land se doelwitte van groei, sekerheid en internasionale samewerking te steun:
17 Oct 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dis nie net Namibië nie, wêreld word droeër

Namibiërs is geen vreemdelinge vir droogtes nie maar, die wêreld sal ook gewoond moet raak. Die jaar 2023 was die droogste jaar vir globale riviere in meer as 30 jaar, volgens 'n nuwe verslag wat deur die Wêreld Meteorologiese Organisasie gekoördineer is. Die verslag toon kritieke veranderinge in waterbeskikbaarheid in…
17 Oct 6AM 1 min

Ally Angula is finaal uit

Die Namibiese Verkiesingskommissie het die kandidaatskap vir president van Ally Angula, Jeremiah Kaambo en Elsie Chen vandag finaal verwerp. Angula was net meer as 1 300 handtekeninge kort, soos die voorsitter van die kommissie Elsie Nghikembua verduidelik.
17 Oct 5AM 1 min

Elektriese motorfiets voltooi 6 000km

ʼn Elektriese motorfiets wat in Afrika ontwerp en gebou en slegs deur sonkrag aangedryf word, het die rit van Kenia na Stellenbosch voltooi. Die motorfiets is deur navorsers van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Ingenieurswese en Roam, ʼn elektriese-mobiliteitmaatskappy in Kenia, ontwikkel. Die elektriese motorfiets se reis van sowat 6…
17 Oct 5AM 1 min

Pogba ontken hy het aspris opkikkers gebruik

Die Juventus-middelveldspeler Paul Pogba sê hy aanvaar volle verantwoordelikheid vir die dwelmtoets wat hy gedop het maar beklemtoon hy is nie oneerlik nie. Die 31-jarige is in Februarie vier jaar lank verbied nadat hy positief getoets het vir sintetiese testosteroon. Die verbod is vroeër die maand verminder na 18 maande…
17 Oct 5AM 1 min

Ekonomiese aanwysers vertoon goed, kan ons Desember vakansie hou?

Die jaarlikse inflasiekoers in September was 3,4 persent, 'n aansienlike daling vanaf die 5,4 persent wat in September 2023 geregistreer is. Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee het gereageer deur die repokoers met 25 basispunte tot 7,25 persent te verlaag, met die doel om die binnelandse ekonomie te ondersteun…
17 Oct 4AM 1 min