Prada help met ontwerp van ruimtepakke

--:--
Die Italiaanse modehuis Prada en die nuwe Amerikaanse ruimtevaartmaatskappy Axiom Space het die ruimtepakke onthul vir NASA se komende Artemis 3-sending, wat sy eerste bemande reis na die maan sal wees sedert Apollo 17 in 1972. Die ontwerp van die nuwe ruimtepak verbeter beweeglikheid, kan 'n ruimtewandeling van agt uur hanteer en sal twee ure van die maan se suidpool se laagste temperature kan weerstaan. Die president van Axiom Space, Matt Ondler, sê die ruimtepakke is deeglik getoets en het simulasies ondergaan:
17 Oct 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Spesiale pakkette is nodig vir jeugfinansiering

Die Swapo-jeugliga het die party se manifes vir 2025-2030 bespreek, wat fokus op jeugbemagtiging vir volhoubare ontwikkeling. Dino Ballotti beklemtoon dat Namibië voldoende finansiële hulpbronne het, maar daar is 'n aansienlike uitdaging om toegang tot fondse te verkry, veral vir jong entrepreneurs. Die manifes skets strategieë wat daarop gemik is…
17 Oct 3AM 1 min

Outa sê Sanral raak kreatief om sy skuld af te skryf

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap beskuldig omdat hul kreatiewe rekeningkunde gebruik om die reuse e-tol-skuld af te skryf. Die organisasie beweer Sanral het e-tol-inkomste oorskat en dit tot meer as ses-miljard-rand vergroot, terwyl die meeste van hierdie inkomste nie ingevorder kan word nie. Hulle eis 'n…
17 Oct 3AM 1 min

Alcaraz het net lof vir Rafa

Die Spanjaarde Rafael Nadal en Carlos Alcaraz sal vandag vir oulaas teen mekaar speel in die halfeindstryd van die Six Kings Slam-vertoonbyeenkoms in Riaad, Saoedi-Arabië. Nadal, wat 22 Grand Slam-titels op sy kerfstok het, het verlede week aangekondig hy sal volgende maand na die Davisbeker-eindstryd in Malaga uittree. Alcaraz het…
17 Oct 2AM 1 min

Ramaphosa woon Brics by

President Cyril Ramaphosa gaan volgende week die 16de Brics-beraad in Kazan, Rusland, bywoon. Dit duur van Dinsdag tot volgende Donderdag en sal fokus op samewerking tussen Brics-lande op sleutelgebiede soos politiek, sekerheid, die ekonomie en kultuur. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika se deelname is daarop gemik om…
17 Oct 2AM 1 min

Nudo sê daar’s te veel presidensiële kandidate

Die National Unity Democratic Organisation, Nudo, het nie 'n kandidaat vir die presidensiële verkiesing genomineer nie. Sekretaris-generaal Josef Kauandenge het daarop gewys dat, ten spyte van die party se interne uitdagings, die hoë aantal presidentskandidate onprakties is vir 'n land met so 'n klein bevolking. Daar is 18 kandidate wat…
17 Oct 1AM 1 min