BIG wil hoor wat is partye se planne met armoede

--:--
'n Openbare bespreking word vanaand deur die Basic Income Grant Coalition, of BIG, tussen politieke partye en presidensiële kandidate gehou oor ongelykheid en armoede. Die koalisie sê die standpunt van alle belanghebbendes moet gehoor word. Volhoubare oplossings moet gevind word om die lewenstandaarde van Namibiërs wat ekonomies swaarkry te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Tjipura Tjipura van BIG gesels wat meer inligting gee.
21 Aug 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Landbou-unie ondersteun rooilyn-verskuiwing, mits reg gedoen

Die kabinet het die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, goedgekeur. Die landbouministerie sal 'n lewensvatbaarheidstudie uitvoer oor die skep van sewe voorgestelde siektevrye sones, wat die Mangetti-gebied insluit. Reaksie word nog ontvang en Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en…
20 Sep 10AM 1 min

Itula gebruik basiese inkomstetoelaag vir politieke gewin: BIG

Die IPC-leier Panduleni Itula het onlangs aangevoer dat 'n universele basiese inkomstetoelaag te duur is vir Namibië. Die Basic Income Grant-koalisie, BIG, stem egter nie met sy berekeninge saam nie. Itula het onder andere 'n bedrag van 1 180 Namibiese dollar as maandelikse toelaag gebruik, en nie 500 dollar soos…
20 Sep 10AM 1 min

Rekord-skare by Wembley vir langverwagte Joshua/Dubois-geveg

Boks: Twee Britse swaargewigte, Anthony Joshua en Daniel Dubois, takel mekaar môre in ʼn IBF-kragmeting voor ʼn rekord-skare van 96 000 op die Wembley-stadion in Londen. Dubois het die tussentydse IBF-titel in Junie gewen en sy status is tot wêreldkampioen verhoog nadat Oleksandr Usyk van Oekraïne onttrek het. Joshua bevind…
20 Sep 9AM 1 min

Lesotho-waterprojek se sluiting 'sal nie watertoevoer stopsit'

Die DA in Gauteng sê gegrond op huidige inligting van die Departement van Water en Sanitasie is daar nie enige rede tot kommer oor die opgradering van die Lesotho Hooglandwaterprojek nie. Die projek gaan van die eerste Oktober tot einde Maart volgende jaar noodsaaklike onderhoud ondergaan. Stephen Moore van die…
20 Sep 9AM 1 min

NamRA, finansministerie versaak hul plig: Tucna

Daar blyk verwarring te wees oor die terugbetaling van belasting-ooraftrekkings aan werkers. Na behore hoef dit nie 'n kontant-terugbetaling te wees nie, maar kan deur werkgewers vereffen word deur minder belasting as wat vereis word af te trek in die komende maande. Die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, beskuldig egter die…
20 Sep 8AM 1 min