Itula gebruik basiese inkomstetoelaag vir politieke gewin: BIG

--:--
Die IPC-leier Panduleni Itula het onlangs aangevoer dat 'n universele basiese inkomstetoelaag te duur is vir Namibië. Die Basic Income Grant-koalisie, BIG, stem egter nie met sy berekeninge saam nie. Itula het onder andere 'n bedrag van 1 180 Namibiese dollar as maandelikse toelaag gebruik, en nie 500 dollar soos die koalisie voorstel nie. Hulle voer aan dat 'n universele basiese inkomstetoelaag bekostigbaar is en goed sal wees vir die ekonomie, aangesien dit plaaslike besighede sal ondersteun. Hulle glo politici moet eerlik wees oor die koste en voordele van so 'n toelaag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rinaani Musutua van BIG-koalisie, wat sê Itula gebruik die toelaag-kwessie vir goedkoop politieke gewin.
20 Sep 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Landbou belangrik vir werkskepping: !Gawaxab

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het by die bank se jaarlikse simposium beklemtoon dat landbou 'n belangrike aspek van werkskepping in die land bly. Hy het beklemtoon dis belangrik om die sektor te transformeer as 'n kritieke strategie om ekonomiese groei te bevorder en produktiwiteit te…
20 Sep 11AM 1 min

Beskuldigde in miljard-rand tenderbedrogsaak doodgeskiet

Die vierde beskuldigde in die behuisingstender-bedrogsaak van een-miljard-rand waarby die voormalige Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir Behuising, Malusi Booi, betrokke is, is in Beacon Valley, Mitchells Plain, doodgeskiet. Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, het aan Newzroom Afrika gesê dat Abdul Kader Davids, sedert Dinsdag uit was op borgtog van 250-duisend-rand. Volgens hom is geen…
20 Sep 11AM 1 min

Landbou-unie ondersteun rooilyn-verskuiwing, mits reg gedoen

Die kabinet het die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, goedgekeur. Die landbouministerie sal 'n lewensvatbaarheidstudie uitvoer oor die skep van sewe voorgestelde siektevrye sones, wat die Mangetti-gebied insluit. Reaksie word nog ontvang en Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en…
20 Sep 10AM 1 min

Rekord-skare by Wembley vir langverwagte Joshua/Dubois-geveg

Boks: Twee Britse swaargewigte, Anthony Joshua en Daniel Dubois, takel mekaar môre in ʼn IBF-kragmeting voor ʼn rekord-skare van 96 000 op die Wembley-stadion in Londen. Dubois het die tussentydse IBF-titel in Junie gewen en sy status is tot wêreldkampioen verhoog nadat Oleksandr Usyk van Oekraïne onttrek het. Joshua bevind…
20 Sep 9AM 1 min

Lesotho-waterprojek se sluiting 'sal nie watertoevoer stopsit'

Die DA in Gauteng sê gegrond op huidige inligting van die Departement van Water en Sanitasie is daar nie enige rede tot kommer oor die opgradering van die Lesotho Hooglandwaterprojek nie. Die projek gaan van die eerste Oktober tot einde Maart volgende jaar noodsaaklike onderhoud ondergaan. Stephen Moore van die…
20 Sep 9AM 1 min